Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Russies: Кубок конфедераций 2017, Koebok konfederatsij FIFA 2017; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 17 Junie tot 2 Julie 2017 in Rusland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Duitsland het die toernooi gewen nadat hulle Chili met 1–0 in die eindstryd geklop het. Portugal het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig. Die gasheer Rusland is in die groepfase uitgeskakel.
Dit was die laaste Sokker-Konfederasiebeker wat aangebied is voordat FIFA aangekondig het dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Sint Petersburg Moskou Krestofskistadion(Sint Petersburg-stadion) Otkritije-arena(Spartakstadion) Kapasiteit: 68 134 Kapasiteit: 45 360 200px 200px Kazan Sotsji Kazanarena Fisht- Olimpiese Stadion(Fishtstadion) Kapasiteit: 45 379 Kapasiteit: 47 659 200px 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2017 deelgeneem het Span Konfederasie Kwalifisering Deelname UEFA Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 1ste UEFA Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 2de AFC Wenner van die Asië Nasies-beker in 2015 3de CONMEBOL Wenner van die Copa América in 2015 1ste CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2011 6de OFC Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2016 3de UEFA Wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2016 1ste CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2017 2de
Wedstrydbal Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en genoem “Krasawa”, ’n Russiese slengwoord vir “pragtig” of “ontsagwekkend”.
Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 17 Junie 2017 op die Sint Petersburg-stadion met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 Julie met die eindstryd tussen Chili en Duitsland, waartydens Duitsland die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005, 2009 en 2013 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieMa26Di27Wo28Do29Vr30Sa1So2Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#c3b091| 2Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 26 November 2016 in die Tennisakademie in Kazan gehou.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land321072+57321064+2731023303300318–70
Groep B Land321074+37312042+25302145–12301226–41
Uitklopfase
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2017
FIFA se terugwerkende ranglys duimnael|Die Duitse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2017-toernooi is soos gevolg:
RangSpanGroep 1 B 5 4 1 0 12 5 +7 13 2 B 5 1 3 1 4 3 +1 6 3 A 5 3 2 0 9 3 +6 11 4 A 5 2 1 2 8 10 –2 7 In die groepfase uitgeskakel 5 A 3 1 0 2 3 3 ±3 3 6 B 3 0 2 1 4 5 –1 2 7 B 3 0 1 2 2 6 −4 1 8 A 3 0 0 3 1 8 −7 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Timo Werner 3 Lars Stindl 3 Leon Goretzka 3 4 Cristiano Ronaldo 2 5 Marco Fabián 1 Ricardo Quaresma 1 Aleksandr Samedof 1 André Silva 1 Eduardo Vargas 1 Alexis Sánchez 1 Julian Draxler 1 Arturo Vidal 1 Amin Younes 1 Kerem Demirbay 1 Martin Rodriguez 1 James Troisi 1 Tom Rogic 1 Rang Speler Doele 5 Oribe Peralta 1 Hirving Lozano 1 Nani 1 Bernardo Silva 1 Tomi Juric 1 Adrien Silva 1 Fyodor Smolof 1 André Zambo Anguissa 1 Mark Milligan 1 Chris Wood 1 Vincent Aboubakar 1 Raúl Jiménez 1 Cédric Soares 1 Javier Hernández 1 Pepe 1 Néstor Araujo 1 Héctor Moreno 1
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: Russian extravaganza and another German triumph fifa.com: FIFA Technical Report
2017 Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Sokkerkompetisies in Rusland Kategorie:Sport in 2017