Silver Lakes Gholflandgoed is 'n afgesperde voorstad van Pretoria, Suid-Afrika wat in 1993 gevestig is. Van die geriewe op die landgoed sluit in: 'n 18 putjie-gholfbaan ontwerp deur Peter Matkowich, 'n klubhuis met restaurant en konferensiegeriewe, twee tennisbane, twee muurbalbane, 'n wildreservaat met klein boksoorte en staproetes, verskeie damme en 'n hengelklub.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Pretoria