David Carstens (1914–1955) was ’n Suid-Afrikaanse bokser.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, By die Olimpiese Spele van 1932 in Los Angeles het hy ’n goue medalje in die ligswaargewigafdeling gewen deur Gino Rossi van Italië in die eindrondte te verslaan.databaseOlympics Profile
Lewensloop David Krynauw Enslin Carstens is in September 1914 in Strand gebore en was 'n diamantsnyer van beroep.
By die Los Angeles-spele van 1932 was Carstens een van die boksers wat aan 'n spesiale fondsinsamelingstoernooi ter wille van die swemmer Jenny Makaal deelgeneem het, omdat haar ma 'n tweede huisverband moes uitneem om haar dogter se reis na Los Angeles te finansier.
Ná die Olimpiese Spele het hy met gemengde sukses professioneel geboks, wat 'n stryd teen die Duitse IBU-wêreldkampioen Adolf Heuser in Berlyn ingesluit het. In 1933 is hy deur sy spanmaat Eddie Peirce vir die Suid-Afrikaanse titel verslaan. Carstens het uiteindelik van 1932 tot 1939 professioneel geboks. Hy het in totaal 11 oorwinnings, 12 nederlae en 2 gelykop-tellings behaal.
Carstens is op 6 Augustus 1955 in Johannesburg oorlede. Hy was 41 jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels David Carstens op BoxRec.com Profiel op strefa.pl
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1955 Kategorie:Olimpiese deelnemers