duimnael|links|Die woord "Kōṅkaṇī" in Devanagari-skrif Konkani (कोंकणी, Kōṅkaṇī, [kõkɳi]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Suidwes-Indië gepraat word, veral in die deelstaat Goa asook die aangrensende deelstate Karnataka en Maharashtra. Konkani is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Konkani word in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Dit is nou verwant aan Marathi en word soms as 'n dialek van dié taal beskou. Ander verwante tale sluit in Dhivehi op die Maledive en Singalees op Sri Lanka.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Goa Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Karnataka Kategorie:Maharashtra Kategorie:Tale van Indië