Maxine Case (1976-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer van romans en kortverhale. Haar debuutroman, All We Have Left Unsaid, is in 2007 met die Statebondskrywersprys vir die beste eerste boek in Afrika bekroon. In dieselfde jaar is dit (saam met Kgebetli Moele se Room 207) met die Herman Charles Bosman-prys bekroon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Maxine Case op kwela.com.
Case is op 17 Januarie 1976 in Kaapstad gebore. Sy het vir verskeie Suid-Afrikaanse tydskrifte geskryf en ook 'n maandelikse kolom, "The Last Word", in Soul-tydskrif behartig. Sy het al by 'n uitgewery sowel as 'n NRO in Kaapstad gewerk, waarna sy met behulp van 'n beurs 'n M.A.-graad in kreatiewe skryfkuns in New York verwerf het. Daarna het sy kreatiewe skryfwerk gedoseer en werkswinkels in verskeie lande oor die wêreld aangebied.
Haar boeke is al in verskeie tale vertaal (waaronder Nederlands, Japannees en Mandaryns).
Werke All We Have Left Unsaid, Kwela Boeke, 2006, J. M. Coetzee (ed.) "Homing Pigeons" , African Compass: New Writing from Southern Africa, New Africa Books, 2005, Waarover we zwegen, Mistral Uitgevers, 2009, Papwa: Golf’s Lost Legend, 2015,
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense