Kasjmiri (کٲشُر,कॉशुर) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 7,1 miljoen mense in Noordwes-Indië en Noordoos-Pakistan, veral in die omstrede gebied Kasjmir, gepraat word. Kasjmiri is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Kasjmiri word in beide die Perso-Arabiese en die Devanagari-alfabet, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, geskryf. Voorheen is die Sharada-skif gebruik. Kasjmiri is verreweg die belangrikste van die Dardiese tale en die enigste met 'n eie literêre tradisie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Pakistan