Stuart Allen "Stu" Roosa (16 Augustus 1933 – 12 Desember 1994), (Kolonel, Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse lugvaart ingenieur, Amerikaanse Lugmag vlieënier, toetsvlieënier en NASA ruimtevaarder. Hy was die bevelvoerder van die beheermodule vir die Apollo 14 missie. Hierdie missie het plaasgevind vanaf 31 Januarie 1971 tot 9 Februarie 1971. Dit was die derde missie wat mense op die maan geplaas het. Roosa se twee kollegas vir die missie was Alan Shepard en Edgar Mitchell. Terwyl Shepard en Mitchell twee dae op die maan se oppervlakte deurgebring het, het Roosa eksperimente gedoen. Roosa is een van slegs 24 persone wat na die maan gevlieg het. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Apollo-program Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 1994