Thomas Kenneth Mattingly (* 17 Maart 1936 - 31 Oktober 2023) was 'n voormalige Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier, adjunkadmiraal in die Amerikaanse Vloot en Nasa-ruimtevaarder. Hy was deel van die Apollo 16-, STS-4 en STS-51-C-missies. Hy sou op Apollo 13 gevlieg het maar is op kort kennisgewing onttrek weens 'n siekte wat hy vermoedelik opgedoen het. Dit blyk later 'n vals alarm te wees. Hy was later die bevelvoerder van die Apollo 16 se beheermodule. Hy is een van slegs 24 persone wat na die Maan gevlieg het. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.

Persoonlike lewe In 1970, trou hy met Elizabeth Dailey. Hulle het een kind.

Dood Mattingly sterf in Arlington, Virginië, op 31 Oktober 2023, op die ouderdom van 87. NASA het sy dood twee dae later op 2 November aangekondig.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Admiraals Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2023