Chalkopiriet (ook bekend as koperpiriet) is 'n mineraal met die formule . Soos gewoonlik in sulfiede het die koperatoom die oksidasietoestand 1+. Die ysteratoom is Fe(III). Die stof is 'n antiferromagnetiese halfgeleier.

Struktuur Die struktuur is 'n geordende superstruktuur van die sfaleriet-struktuur. Dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E1-struktuur. Altwee die Cu- en die Fe-atome het 'n tetraëdriese omringing. Hulle vervang afwisselend die sink-atome van die sfalerietstruktuur en die eenheidsel is twee keer so groot in die c-rigting. Hierdie ordening breek die kubiese simmetrie en resulteer in 'n liggaamsgesentreerde tetragonale struktuur.

Sien ook Gekkegoud

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Minerale Kategorie:Sulfiedminerale