Ronald Ellwin "Ron" Evans (* 10 November 1933 – † 7 April 1990; Kaptein, Amerikaanse Vloot) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, elektriese ingenieur, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder. Hy is ook een van slegs 24 mense wat na die Maan gevlieg het.

Evans is in 1966 as Nasa-ruimtevaarder gekeur, as deel van Ruimtevaardergroep 5. Tydens sy enigste ruimtereis was hy die bevelvoerder van die beheermodule as deel van die Apollo 17-missie. Hy het in die beheermodule om die maan gewentel terwyl sy kollegas, Eugene Cernan en Harrison Schmitt, op die maan geland het. Hy het vir 148 uur alleen om die maan gewentel en die rekord staan nog.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kapteins Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 1990