Pous Benedictus XVI (Latyn: Benedictus XVI, Italiaans: Benedetto XVI; Duits: Benedikt XVI.; gebore as Joseph Alois Ratzinger, [ˈjoːzɛf ˈʔaːlɔɪ̯s ˈʁat͡sɪŋɐ], in Marktl, Duitsland, op 16 April 1927; oorlede op 31 Desember 2022 in die Vatikaanstad) was die 265ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad van 19 April 2005 tot sy aftrede op 28 Februarie 2013. Hy is op 19 April 2005 verkies tydens die konklaaf van April 2005 wat gehou is na die dood van pous Johannes Paulus II. Op 28 Februarie 2013 het pous Benedictus XVI geabdikeer. Die naam Benedictus beteken "geseënde". Hy was die eerste Duitse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Duits-Nederlandse pous Adrianus VI uit Utrecht in die Heilige Romeinse Ryk). Pous Benedictus XVI is op 13 Maart 2013 opgevolg deur pous Franciskus.
Die Vatikaan het op 11 Februarie 2013 aangekondig dat pous Benedictus XVI op 28 Februarie 2013 sal bedank. Die vorige pous wat bedank het, was pous Gregorius XII in 1415. Pous Benedictus XVI bedank, Nuus24, besoek op 11 Februarie 2013.
Benedictus XVI is op 31 Desember 2022 op 95 by sy woning in die Vatikaanstad oorlede.
Biografie Pous Benedictus XVI is gebore as Joseph Alois Ratzinger op 16 April 1927 (Heilige Saterdag) in Marktl, Beiere, Republiek Weimar (nou Duitsland). Hy was die jongste seun van Joseph en Maria Ratzinger. Joseph Alois Ratzinger het sy hoërskoolloopbaan met 'n abitur in die destydse Humanistische Gymnasium in Traunstein, Beiere (Duitsland) voltooi. Die skool het intussen van perseel gewissel en heet nou die Chiemgau Gymnasium. Ratzinger word op 29 Junie 1951 in Freising deur kardinaal Michael von Faulhaber tot priester gewy. In 1953 promoveer hy summa cum laude met 'n proefskrif oor Augustinus van Hippo. Op 28 Mei 1977 word hy aartsbiskop van München en Freising en op 27 Junie 1977 kardinaal-priester van Santa Maria Consolatrice al Tiburtino. Op 19 April 2005 volg hy pous Johannes Paulus II op en regeer tot sy abdikasie op 28 Februarie 2013. Hy word opgevolg deur pous Franciskus. Pous Benedictus XVI het homself genoem na Benediktus van Nursia, die patroon van Europa, maar ook pous Benedictus XV, bekend as die "pous van vrede" omdat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog vir vrede beywer het.
Kerklike loopbaan 29 Junie 1951 – tot priester gewy 28 Mei 1977 – tot biskop gewy 27 Junie 1977 – kardinaal-priester van Santa Maria Consolatrice al Tiburtino 19 April 2005 – pous van Rome
Pontifikaat duimnael|Pous Benedictus XVI se handtekening duimnael|Lande wat pous Benedictus XVI besoek het duimnael|Pous Benedictus XVI se graf in die Sint Pieterskerk Ná die dood van pous Johannes Paulus II kies die kardinale Ratzinger as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 19 April 2005. Drie dae voorheen het Joseph Ratzinger 78 jaar oud geword en was daarmee ouer as enige ander pous sedert pous Clemens XII wat ook 78 was (in 1730).
Omstredenheid Uitlatings oor die profeet Mohammed Tydens 'n lesing wat pous Benedictus XVI tydens sy besoek aan die Duitse deelstaat Beiere (9 tot 14 September 2006) op 12 September aan die Universiteit van Regensburg gehou het, het hy groot ontsteltenis in die Islamitiese wêreld veroorsaak. Benedictus XVI het kritiese uitlatings oor die profeet Mohammed aangehaal wat oorspronklik in 1391 deur die Bisantynse keiser Manuel II Palaiologos gemaak is.
Alhoewel die pous later verduidelik het dat hy nie sy eie opinie in sy lesing wou uitspreek nie, het sy uitlatings tot straatoptogte in Islamitiese lande gelei. Tydens 'n ontmoeting met Islamitiese diplomate en verteenwoordigers van Moslemgemeenskappe in Castel Gandolfo het die pous op 25 September sy respek vir die Islamitiese godsdiens beklemtoon. In Oktober 2006 het 38 Islamitiese regsgeleerdes sy verskoning aanvaar. Der Fischer Weltalmanach 2008. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2007, bl. 495
Optrede in Latyns-Amerika Nog voor sy amptelike besoek aan Brasilië (9 tot 14 Mei 2007) was die regering in Brasília ontsteld oor uitlatings wat die pous oor die aborsie-kwessie in Meksiko gemaak het. Hy het begrip en steun vir Meksikaanse kerkleiers uitgespreek wat gedreig het om politici te ekskommunikeer wat 'n liberale wetgewing ten opsigte van aborsie steun.
In Brasilië het Benedictus XVI beweer dat die kerstening tydens die kolonisasie van Latyns-Amerika nie aan die inheemse bevolking opgedwing is nie, maar dat hulle self Christene wou word. Der Fischer Weltalmanach 2008, bl. 496
Uitlatings oor homoseksualiteit Die pous se toespraak tydens die Kersfees van 2008 het onder meer beledigende woorde vir die LGBT-gemeenskappe bevat en is deur teoloë en politici in Duitsland en ander lande skerp veroordeel en as haatspraak beskryf. Ranke-Heinemann wirft Papst Homosexuellen-Hatz vor. In: Spiegel Online, 23 Desember 2008
Rehabilitasie van tradisionaliste Die rehabilitasie van vier tradisionalistiese biskoppe, waaronder Richard William, wat onder meer met sy ontkenning van die Joodse volksmoord deur die Nazi's opspraak gewek het, is vroeg in 2009 deur Duitse teoloë en die biskop van Rottenburg-Stuttgart, Gebhard Fürst, skerp veroordeel. Duitse biskop distansieer hom van die pous
Die kollege van kardinale Pous Benedictus XVI het 90 nuwe kardinale aangestel in vyf konsistories.
Saligverklarings 1 Mei 2011: Pous Johannes Paulus II.
Heiligverklarings 10 Mei 2012: Hildegard van Bingen.
Ensiklieke Deus caritas est ("God is liefde", 25 Januarie 2006) Spe salvi ("In die hoop [is ons] gered", 30 November 2007) Caritas in veritate ("Die liefde in die waarheid", 7 Julie 2009)
Verwysings
Eksterne skakels
Biografie van pous Benedictus XVI op die amptelike webwerf van die Heilige Stoel
Pous Benediktus XVI Pous Benediktus XVI Kuns Geboortehuis van pous Benedictus XVI, (Joseph Alois Ratzinger) in Marktl (Kaart vanuit WikiMapia)
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Duitse teoloë Kategorie:Pouse Kategorie:Rooms-Katolieke teoloë Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2022