Die Mali-Federasie (Frans: Fédération du Mali) was 'n land in Wes-Afrika. Dit is gevorm deur 'n unie tussen Senegal en Mali (destyds bekend as die Frans-Soedan). Dit is gestig op 4 April 1959 en verkry algehele selfregering toe dit onafhanklik van Frankryk word op 20 Junie 1960.

Die Federasie se eerste minister was Modibo Keita en die regeringsetel was in Dakar. Dit stort ineen kort na onafhanklikheid toe Senegal op 20 Augustus onttrek vanweë politieke verskille.

Kategorie:Geskiedenis van Mali Kategorie:Geskiedenis van Senegal