Pous Johannes Paulus II (Latyn: Ioannes Paulus II, Italiaans: Giovanni Paolo II; Pools: Jan Paweł II; gebore as Karol Józef Wojtyła, [ˈkarɔl ˈjuzɛv‿vɔjˈtɨwa], in Wadowice, Pole, op 18 Mei 1920 – oorlede op 2 April 2005 in die Vatikaanstad) was die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad van 16 Oktober 1978 tot sy dood op 2 April 2005. Hy was die eerste nie-Italiaanse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Nederlandse pous Adrianus VI in 1523), en die eerste Slawiese pous in die geskiedenis. Sy pontifikaat was die op twee na die langste in die geskiedenis (na dié van Simon Petrus en pous Pius IX). Die naam Johannes beteken "God is genadig" en Paulus beteken "die kleintjie". Tot die verkiesing was Karol Józef Wojtyła aartsbiskop en kardinaal-priester van Krakow.

Biografie Pous Johannes Paulus II is gebore as Karol Józef Wojtyła op 18 Mei 1920 in Wadowice, Pole. Hy was die jongste seun van Karol Wojtyła en Emilia Wojtyła. Wojtyła word op 1 November 1946 (Allerheilige) deur aartsbiskop van Krakow, Adam Stefan Sapieha, tot priester gewy. Op 23 November 1946 promoveer hy summa cum laude met 'n proefskrif oor die geloofsleer van Sint Johannes van die Kruis. Op 28 September 1958 word hy biskop van Krakow en op 13 Januarie 1964 word hy aartsbiskop van Krakow. Hy word op 26 Junie 1967 kardinaal-priester met San Cesareo in Palatio as titelkerk. Op 16 Oktober 1978 volg hy pous Johannes Paulus I op en regeer tot sy dood op 2 April 2005. Hy word opgevolg deur pous Benedictus XVI. Pous Johannes II het homself genoem na sy voorganger Johannes Paulus I en dié se naam is 'n saamvoeging van sy twee voorgangers se name.

Kerklike loopbaan 1 November 1946 – tot priester gewy 28 September 1958 – tot biskop gewy 13 Januarie 1964 – aartsbiskop van Krakow 26 Junie 1967 – kardinaal-priester van San Cesareo in Palatio 16 Oktober 1978 – pous van Rome

Pontifikaat duimnael|Pous Johannes Paulus II se handtekening duimnael|Lande wat pous Johannes Paulus II besoek het duimnael|Johannes Paulus II se graf in die Sint Pieterskerk Ná pous Johannes Paulus I se kort bewind van slegs 33 dae is in Oktober 1978 'n konklaaf gehou, waartydens die kardinale Wojtyła ná twee dae se konklaaf op 16 Oktober 1978 gekies het. Wojtyła het die naam Johannes Paulus II gekies om aan te dui dat hy die werk van sy voorganger wou voortsit. Sy bewind van meer as 26 jaar is gekenmerk deur die laaste fase van die Koue Oorlog, die bewindsverandering in die Sowjetunie onder Michail Gorbatsjof (glasnost en perestroika), die verbrokkeling van die Oosblok, die oopmaak van die Ystergordyn in 1989, die omverwerping van byna al die Kommunistiese diktature in Sentraal-Europa, die einde van die Koue Oorlog, die Ontbinding van die Sowjetunie, die Ontbinding van Joego-Slawië en die gepaardgaande oorloë, die Aanvalle op 11 September 2001 en die daaropvolgende oorloë in Afghanistan en Irak.

Johannes Paulus II het meer op die publiek gefokus as sy voorgangers, nie vir die massamedia geskrik nie en hy is soms "mediapous" genoem. In vergelyking met sy voorgangers is hy as 'n buitengewone verskynsel beskou. Dit veral omdat hy die "jongste pous in die 20ste eeu" en "die eerste Slawiese pous" was asook oor "'n breë kennishorison“, "'n sterk charisma" en 'n droë sin vir humor beskik het, waarmee hy "beide massas kon inspireer en ook in 'n persoonlike gesprek kon oortuig".

Die kollege van kardinale Pous Johannes Paulus II het 231 nuwe kardinale aangestel in nege konsistories, meer as enige ander pous ooit.

Saligverklarings 3 September 2000: Pous Pius IX en pous Johannes XXIII. 19 Oktober 2003: Moeder Teresa.

Heiligverklarings 8 Junie 1997: Hedwig van Pole.

Ensiklieke Redemptor hominis ("Verlosser van die mens", 2 Maart 1979) Dives in misericordia ("Ryk in barmhartigheid", 30 November 1980) Laborem exercens ("Op menslike werk", 14 September 1981) Slavorum Apostoli ("Apostels van die Slawiërs", 2 Junie 1985) Dominum et vivificantem ("Die heer en gewer van lewe", 18 Mei 1986) Redemptoris Mater ("Moeder van die verlosser"", 25 Maart 1987) Sollicitudo rei socialis ("Die sosiale kommer", 30 Desember 1987) Redemptoris Missio ("Missie van die verlosser", 7 Desember 1990) Centesimus annus ("Honderdste jaar", 1 Mei 1991) Veritatis Splendor ("Die prag van waarheid", 6 Augustus 1993) Evangelium Vitae ("Die evangelie van die lewe, 25 Maart 1995) Ut unum sint ("Dat hulle almal een mag wees", 25 Mei 1995 Fides et Ratio ("Geloof en rede", 14 September 1998) Ecclesia de Eucharistia ("Kerk van die Eucharistie, 17 April 2003)

Verering Op 1 Mei 2011 is Johannes Paulus II deur sy opvolger pous Benedictus XVI salig en op 27 April 2014 deur pous Franciskus heilig verklaar. Sy feesdag is op 22 Oktober.

Verwysings

Eksterne skakels

Biografie van pous Johannes Paulus II op die amptelike webwerf van die Heilige Stoel

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Kategorie:Pouse Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Pole (nasionaliteit) Kategorie:Christendom in Pole Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 2005