"Marietjie, Maraia, Maryne" is die Afrikaanse weergawe van die Duitse liedjie "Die Lore am Tore", wat weer ’n vertaling is van die Engelse "The Pretty Sally – of the girls that are so smart". Dit is as lied 119 in die FAK-sangbundel opgeneem. Die Afrikaanse woorde is deur Eitemal geskryf.
Afrikaanse woorde
Geskiedenis Die liedjie se Duitse woorde is in 1797 deur Heinrich Christian Boie geskryf na aanleiding van die Engelse weergawe, "The Pretty Sally – of the girls that are so smart", deur Henry Carey (1715). Die woorde is egter eers ná 1843 op die huidige melodie van ’n anonieme komponis gesing.
Verwysings
Eksterne skakels Die woorde van "Die Lore am Tore". In: Populäre und traditionelle Lieder. Historisch-kritisches Liederlexikon van die Duitse Volksliedargief Die Duitse liedjie Kategorie:Afrikaanse volksmusiek