duimnael|300px|Gaudeamus igitur.
"Gaudeamus igitur (Kom nou, kêrels)" is die verwerkte Afrikaanse weergawe van ’n bekende Latynse studentelied uit die Middeleeue. Dit is as lied 234 in die FAK-sangbundel opgeneem.
Woorde
Geskiedenis Die Latynse lied is bekend as "Gaudeamus Igitur" ("So Kom Ons Wees Verheug") of "De Brevitate Vitae" ("Oor die Kortheid van die Lewe"). Dit word in die Westerse wêreld hoofsaaklik op universiteite se gradeplegtighede gesing. Ondanks die feit dat dit ’n amptelike lied vir sulke geleenthede is, is dit ’n vrolike, lighartige komposisie wat die draak steek met die universiteitslewe. Dit het vermoedelik sy oorsprong in ’n Latynse manuskrip uit 1287. Dit word by baie universiteite as ’n drinklied gesing en is die amptelike lied van die Internasionale Universiteitsportfederasie.
Die lied gaan oor die drinkchaos van die studentelewe terwyl dit terselfdertyd die wete erken dat almal eendag sal doodgaan. Daar is humoristiese en ironiese verwysings na die dood en na seks (die woord membrum, "lid", kan nes die Engelse woord member ook na die penis verwys).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Afrikaanse volksmusiek