Edgar Dean "Ed" Mitchell (* 17 September 1930 – † 4 Februarie 2016) was 'n Amerikaanse vlootoffisier- en vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy is die sesde persoon wat op die Maan geloop het as deel van die Apollo 14-sending. Hy bring altesaam nege ure op die Maan deur in die area wat die Fra Mauro Hooglande genoem word. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Sien ook Mense wat op die maan geloop het
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Amerikaanse Vrymesselaars Kategorie:Kapteins Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2016