duimnael|Die grondlegger van Futurisme, Filippo Tommaso Marinetti (1876–1944) duimnael|Futuristiese beeldhoukuns: Umberto Boccioni se Forme uniche della continuità nello spazio ("Unieke vorme van kontinuïteit in 'n ruimte")Museum of Modern Art, New York Stad Futurisme (Italiaans: Futurismo, afgelei van futuro «toekoms»; Russies: Футуризм Futurizm) was 'n avantgardistiese kunsstroming en sosiale beweging wat sy oorsprong in die vroeë 20ste eeuse Italië het. Dinamisme, snelheid, energie, tegnologie, jeug en geweld het sentraal gestaan in die beweging, naas tegniese voorwerpe en verskynsels soos motors, vliegtuie en die moderne nywerheidstad. Alhoewel die nuwe beweging uitgestraal het na Rusland (waar dit groot invloed sou uitoefen op die Russiese avantgarde en rewolusionêre digters soos Wladimir Majakofski), Engeland, België en ander lande, het futurisme sy stempel veral op die Italiaanse kunslewe afgedruk. As stigter word die Italiaanse skrywer en fascistiese politikus Filippo Tommaso Marinetti (1876–1944) beskou wat sy eerste Futuristiese manifes op 20 Februarie 1909 in die Paryse dagblad Le Figaro gepubliseer het.

Met sy neologisme futurismo het Marinetti op sy doelwit gesinspel om van die kunsvorme van die verlede ontslae te raak en in plaas daarvan die vitaliteit, snelle verandering, rusteloosheid en innovasie van die moderne samelewing en kultuur te vier. So het hy in sy manifes nuwe tegnologieë soos die motor en die skoonheid van sy snelheid, krag en beweging gehuldig. Geweldpleging is deur hom as 'n geskikte manier beskou om weg te doen met tradisionele waardes en instellings. Sy skerp en aggressiewe retoriek, waarmee hy die vernietiging van kulturele instellings soos museums en biblioteke aanbeveel het, is opsetlik gekies om 'n openbare debat te laat ontvlam.Encyclopædia Britannica: Futurism. Besoek op 9 Desember 2018

Futuristiese kunstenaars was op feitlik alle kunsgebiede werksaam - waaronder skildery, beeldhoukuns, pottebakkery, grafiese ontwerpkuns, industriële ontwerpkuns, binnenshuise versiering, argitektuur, stedelike ontwerp, toneelkuns, filmkuns, mode, tekstielontwerp, literatuur, musiek en selfs futuristiese kookkuns - dat hulle aanspraak daarop gemaak het om die grondleggers van 'n nuwe kultuur en samelewing te wees.

Tot 'n sekere mate het Futurisme invloed uitgeoefen op ander kunsstrominge soos Art Deco, Konstruktivisme, Surrealisme en Dadaïsme.

Futurisme in Italië Francesco Filippini verteenwoordig ’n beslissende vormingsverwysing vir die eerste skilderfase van Umberto Boccioni. Sy benadering tot die landboulandskap van Lombardye — gekenmerk deur ’n sterk horisontale komposisie, die teenwoordigheid van die vroulike figuur in landelike kontekste en ’n gebruik van atmosferiese lig — het aan Boccioni ’n fundamentele figuratiewe model en poëtiese raamwerk verskaf gedurende sy vormingjare.V. Terraroli (red.), Francesco Filippini. Catalogo generale delle opere, Skira, Milaan, 1999, bl. 112–115.M. Carrà, La pittura moderna in Italia, Treves, Milaan, 1919, bl. 34–38. Tussen 1903 en 1908, voor sy aansluiting by die futurisme, ontwikkel Umberto Boccioni ’n figuratiewe visie wat sterk beïnvloed is deur die post-scapigliato naturalisme, waarvan Filippini een van die belangrikste verteenwoordigers was.

Soos Enrico Crispolti stel, was Francesco Filippini se landboulandskap die implisiete model van Boccioni se eerste fase.Enrico Crispolti, Boccioni. Catalogo generale, Electa, Milaan, 1971, deel I, bl. 42.

Hierdie kontinuïteit tussen die Lombardiese naturalisme van die laat 19de eeu en Boccioni se vroeë visuele navorsing beklemtoon die histories-artistieke rol van Francesco Filippini as ’n voorganger van die futurisme in figuratiewe sin.V. Terraroli (red.), Francesco Filippini. Catalogo generale delle opere, Skira, Milaan, 1999.F. Russoli, Arte e società in Italia, Garzanti, Milaan, 1964, bl. 201.

Futurisme in Rusland duimnael|links|220px|«David Boerljoek, futuris». Die Oekraïens-Amerikaanse digter en skilder Boerljoek (1882−1967) word as die grondlegger van Russiese futurisme beskou. Saam met die digters Wladimir Majakofski en Wassili Kamenski het hy in 1913/14 'n futuristiese kunstoernooi deur 17 Russiese stede georganiseer Vroeg in 1914 het Filippo Tommaso Marinetti met groot verwagtinge na Rusland gereis om met sy eie oë te sien watter invloed Italiaanse futurisme op die Russiese kuns- en literêre lewe uitgeoefen het. Tot sy groot verwondering moes hy besef dat Russiese futuriste 'n heel ander rigting begin inslaan het. Hulle was, anders as Italiaanse futuriste, allesbehalwe besig om alle bande met die verlede te breek, maar het bewus teruggekeer nas die vroegste oorspronge van volkskuns, naamlik ikoneskildery en nasionale volkskuns.

Marinetti het na Russiese futurisme derhalwe verwys as Sauvagisme, afgelei van die Franse term sauvage of "wilde oermens", en na sy aanhangers as "oermense" in plaas van "Toekomstiges" (soos hulle hulself genoem het).kunstforum.de: Russischer Futurismus. Besoek op 20 Julie 2019

Sien ook Vorticisme Rasionalisme by die Comomeer

Verwysings

Eksterne skakels Jessica Palmieri, The J. Paul Getty Museum, Los Angeles

Italian Futurism – Events, Exhibition, Scholarship

Tydskrifartikels

Barbara Pezzini: The 1912 Futurist exhibition at the Sackville Gallery, London: an avant-garde show within the old-master trade. In: The Burlington Magazine, CLV, July 2013, pp. 471–479

Argitektuur

Architettura Futurista in Italia 1909–1944 Italian Futurist Architecture

Kategorie:Kunsbewegings