'n Gereëlde huwelik is 'n soort egtelike verbintenis waar die bruid en bruidegom deur hul families gekies word.
Geskiedenis Gereëlde huwelike het tot die 18de eeu algemeen oor die wêreld heen voorgekom.Jodi O'Brien (2008), Encyclopedia of Gender and Society, Volume 1, SAGE Publications, page 40-42, Sulke huwelike is gewoonlik deur ouers, grootouers of ander familielede gereël. Daar is party geskiedkundige uitsonderings bekend soos die hofmaak- en verlowingrituele in die Renaissance-tydperk in Italië en die Gandharva-huwelike in die Vediek-tydperk van Indië.The Illustrated Encyclopedia of Hinduism: A-M, James G. Lochtefeld (2001), , Page 427
In China was gereëlde huwelike (baoban hunyin, 包办婚姻) – soms genoem blinde huwelike (manghun, 盲婚) – die norm voor die middel van die 20ste eeu. Die seun en meisie is gewoonlik aangesê om te trou, sonder die reg van teenspraak, al het hulle mekaar nie voor hul troudag ontmoet nie.Fricke, Chang, and Yang. (1994).Pan, Rong (2004), Why Being Single?, Lund University (Sweden), Centre for Asian studiesGender, Marriage and Migration – Mainland China and Taiwan Melody Chia-Wen Lu (2008), Leiden University
Gereëlde huwelike was die norm in Rusland voor die 20ste eeu, waarvan die meeste endogaam was – die man en vrou was afkomstig van dieselfde klas of sosiale groep.Hutton, M. J. (2001).
Tot die eerste helfte van die 20ste eeu was gereëlde huwelike algemeen in trekfamilies in die Verenigde State. Hulle is soms "fotobruidhuwelike" genoem deur Japans-Amerikaanse immigrante omdat die bruid en bruidegom mekaar tot op hul troudag net deur die uitruil van foto's leer ken het. Hierdie huwelike tussen immigrante is gewoonlik deur die ouers of familie van hul land van oorsprong gereël. Namate immigrante hulle gevestig het en deel geword het van hul nuwe kultuur, het gereëlde huwelike oorgegaan in kamma- gereëlde huwelike waar die ouers of vriende hulle aan mekaar voorgestel het en die paartjie voor die troue ontmoet het. Mettertyd het die huwelike van hierdie immigrante outonome huwelike geword wat aangedryf is deur die individu se keuse en uitgaan- en hofmaakvoorkeure, en daar was ook 'n toename in veelrassige troues.Harry Reis and Susan Sprecher, Encyclopedia of Human Relationships, SAGE Publications, , pages 113-117Ghimire et al. (2006), Social change, premartial family experience and spouse choice in an arranged marriage society, American Journal of Sociology, 111, pages 1181–1218 'n Soortgelyke historiese dinamiek het ook in ander dele van die wêreld voorgekom.Xiaohe and Whyte (1990), Love matches and arranged marriages: A Chinese replication, Journal of Marriage and the Family, 52, pages 709-722Tekce (2004), Paths of marriage in Istanbul: arranging choices and choice in arrangements, Ethnography, 5, pages 173-201
Gereëlde huwelike het in welaf lande afgeneem vanweë sosiale beweeglikheid en meer individualiteit; nogtans kom gereëlde huwelike steeds voor in lande in Europa en Noord-Amerika tussen koninklike families, aristokrate en godsdienstige minderheidsgroepe soos plasinghuwelike onder fundamentalistiese Mormoonse groepe in die VSA. In die meeste ander dele van die wêreld is daar steeds gereëlde huwelike, maar huwelike wat net gedeeltelik gereël is en outonome huwelike kom ook daar al hoe meer voor. Vergelyking duimnael|Die ambisieuse man en gewillige predikant – 'n spotprent deur Charles Dana Gibson wat spot met gereëlde huwelike in die vroeë 20ste eeu in die Verenigde State. 'n Ouer dring daarop aan dat haar dogter met 'n man trou op grond van rykdom of 'n aristokratiese titel, sonder om die meisie se wense in ag te neem. Die predikant lei die huwelik geblinddoek. Wetenskaplike studies deel huwelike in vier groepe in:Stange et al. (2011), Encyclopedia of Women in Today's World, SAGE Publications, , pages 899-901 Die ouers of voogde maak die keuse en die individue word nie geraadpleeg of het enige keuse in die huwelik nie ('n gedwonge gereëlde huwelik). Die ouers of voogde kies iemand en beraadslaag met die individue, wat dit oorweeg en instem, en elke individu het die reg om te weier. Soms ontmoet die individue voor die verlowing en troue soos in die shidduch-gebruik onder ortodokse Jode. Individue kies en die ouers of voogde word daarna geraadpleeg, wat dit oorweeg en instem, maar die ouers of voogde het die mag om dit te veto. Individue kies en die ouers of voogde word nie geraadpleeg nie en het geen sê voor die huwelik nie ('n outonome huwelik). Gary Lee en Lorene Stone sê die meeste volwasse huwelike deesdae is iewers tussen ten volle gereël en ten volle outonoom, gedeeltelik omdat die huwelik 'n sosiale instelling is.Gary R. Lee and Lorene Hemphill Stone, Mate-Selection Systems and Criteria: Variation according to Family Structure, Journal of Marriage and Family, Vol. 42, No. 2 (May, 1980), pages 319-326 Net so rapporteer Broude en Greene, nadat hulle 142 kulture wêreldwyd bestudeer het, dat 130 kulture elemente van gereëlde huwelike het.Broude, G. J., & Greene, S. J. (1983).
Soorte Daar is baie verskillende soorte gereëlde huwelike, waarvan sommige die volgende is:Ghimire, D. J., Axinn, W. G., Yabiku, S. T., & Thornton, A. (2006).Jones, G. (2010).Shaw, A. (2001).Joseph, S. E. (2007). 'n Gereëlde eksogame huwelik: een waar 'n derde party 'n bruid en bruidegom vind en kies ongeag hul sosiale, ekonomiese of kulturele groep. 'n Gereëlde endogame huwelik: een waar 'n derde party 'n bruid en bruidegom vind en kies uit 'n bepaalde sosiale, ekonomiese en kulturele groep. 'n Bloedverwante huwelik: 'n soort gereëlde endogame huwelik. Dit is een waar 'n bruid en bruidegom 'n grootouer of nabye voorouer deel. Voorbeelde hiervan is 'n neef en niggie, oom en kleinniggie, en so meer. Tussen 25% en 40% van alle huwelike in Saoedi-Arabië en Pakistan is huwelike tussen eie neefs en niggies, terwyl enige vorm van gereëlde eksogame huwelike tussen 65% en 80% uitmaak in sekere dele van Noord-Afrika en Sentraal-Asië.R. Hussain (1999), Community perceptions of reasons for preference for consanguineous marriages in Pakistan, Journal of Biosocial Science, 31, pages 449-461Consanguineous marriages Brecia Young (2006) Die bruid en bruidegom in bogenoemde soort gereëlde huwelike het gewoonlik die reg om te weier; wanneer hulle nie die reg het nie, word dit 'n gedwonge huwelik genoem.
Bloedverwante huwelike is teen die wet in baie dele van die VSA en Europa.Bittles, A. H. (2003). In Brittanje word oom-kleinniggie-huwelike as bloedskandelik beskou en is onwettig, maar troues tussen nefies en niggies word nie as bloedskandelik beskou nie en is wettig. Hoewel bloedverwante gereëlde huwelike algemeen voorkom en kultureel verkies word in Islam-lande en migrante van Moslem-lande na ander dele van die wêreld, word hulle kultureel verbied en ongewens beskou in Christelike, Hindoe- en Boeddhistiese samelewings.Alan Bittles, Consanguinity in Context (Cambridge Studies in Biological and Evolutionary Anthropology), Cambridge University Press, Bloedverwante gereëlde huwelike was algemeen in Joodse gemeenskappe voor die 20ste eeu, maar dit het afgeneem tot minder as 10% in die nuwe tyd.Jewish Encyclopedia (1906), see article on CONSANGUINITY AMONG JEWS; also see Jacobs, Studies in Jewish Statistics, pp. 1-9, London, 1891;Cohen et al., Consanguinity, intracommunity and intercommunity marriages in a population sample of Israeli Jews, Ann Hum Biol. 2004 Jan-Feb;31(1), pages 38-48
Oorsake en voorkoms In die menslike geskiedenis tot nou toe is die gebruik van gereëlde huwelike aangewakker deur 'n kombinasie van faktore soos die gebruik van kinderhuwelike,Child Marriages World Health Organization, United Nations (7 March 2013) laat huwelike, tradisie,Afghanistan – The situation of women and girls UNHCR (2007), pages 45-46Early Marriage as a barrier to Girl's Education kultuur, godsdiens, armoede, beperkte keuse, gestremdhede,Ghai, A. (2001). rykdom- en erflatingkwessies, politiek en sosiale en etniese botsings.Amt, Emilie (1993), Women's Lives in Medieval Europe, New York, RoutledgeMáiréad Enright, Choice, Culture and the Politics of Belonging: The Emerging Law of Forced and Arranged Marriage, The Modern Law Review, Volume 72, Issue 3, pages 331–359, May 2009Carol Ember and Melvin Ember, Encyclopedia of Sex and Gender: Men and Women in the World's Cultures Topics and Cultures, Volume 2, , pages 71-77
Kinderhuwelike duimnael|"Marriage à-la-mode" deur William Hogarth: 'n satire op gereëlde huwelike en die voorspelling van 'n komende ramp. Kinderhuwelike, veral die van kinders jonger as 12, berei die individu nie voor en hy of sy kry nie die geleentheid om 'n ingeligte, vrye keuse oor trou te maak nie. Sulke kinderhuwelike is uitdruklik gereëlde huwelike.Gupta, G. R. (1976). In landelike gebiede van Afrika suid van die Sahara, Suid-Asië en Latyns-Amerika laat armoede en 'n tekort aan opsies soos om skool te gaan kinders met min ander keuses as om al op 'n jong ouderdom in 'n gereëlde huwelik te tree nie. Kinderhuwelike vind veral in gebiede met armoede plaas. Ouers reël kinderhuwelike om die kind se finansiële toekoms te verseker, sosiale bande te versterk, dink dit bied beskerming, en verminder die dogter se finansiële las op die familie weens die koste om 'n meisie te voed en van klere te voorsien.
Die nasies met die meeste gereëlde kinderhuwelike is Niger, Tsjad, Mali, Bangladesj, Guinee, die Sentraal Afrikaanse Republiek, Afganistan, Jemen en Pakistan. California dad accused of selling girl to teen for cash, beer – Houston Chronicle.
Armoede In arm gemeenskappe is enige volwassene wat gevoed moet word 'n bykomende las. Deur 'n huwelik vir 'n dogter te reël, word 'n manier om die las te verlig.Engel, J. W. (1984).
Hierdie ideeThe "Flight from Marriage" in South-East and East Asia Gavin Jones, Singapore (2011)Salaff, J. (1976) ‘The status of unmarried Hong Kong women and the social factors contributing to their delayed marriage’, Population Studies, 30(3), pages 391-412 word ondersteun deur die vinnige daling van gereëlde huwelike in vinnig groeiende ekonomieë in Asië. Die voordele wat die ouers put uit 'n dogter se inkomste word as 'n rede genoem.Jones (1997) ‘The demise of universal marriage in East and South-East Asia’, in G.W. Jones, R.M. Douglas, J.C. Caldwell and R. D’Souza (eds. Laat huwelike Iemand wat ouer as 30 is se beskikbare keuse van ongetroudes word minder.Retherford, R. D., Ogawa, N., & Matsukura, R. (2001).
Byvoorbeeld, deels vanweë ekonomiese vooruitgang in Japan bereik sowat 40% van Japanse vroue die ouderdom van 29 sonder om te trou. Om hulle te help kom die gebruik van gereëlde huwelike, genoem Miai-kekkon, terug. Dit betrek die moontlike bruid en bruidegom, hul families, vriende en 'n paartjiemaker (nakōdo, 仲人). Die paartjie word gekies deur 'n proses wat die individue en families betrek (iegara, 家柄). Gewoonlik ontmoet die paartjie drie keer, in die openbaar of privaat, voordat hulle besluit of hulle verloof wil raak.Applbaum, K.D. (1995) Marriage with the proper stranger – arranged marriage in metropolitan Japan, Ethnology, 34, 37–51Hendry, Joy (2010), Marriage in Changing Japan: Community & Society (Vol. 4), Taylor & Francis Tradisie