Die Rugby-uitdaagreeks – om borgskapredes bekend as die SuperSport Rugby-uitdaagreeks – is ’n plaaslike rugbykompetisie in Suid-Afrika. Die kompetisie word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie georganiseer en al veertien Suid-Afrikaanse streek-/provinsiale spanne, asook die Welwitschias van Namibië en 'n Zimbabwiese Akademiespan neem deel. Die aanvangseisoen van die kompetisie was in 2017 en dit dien as plaasvervanger vir die Vodacombeker wat in 2015 ten einde geloop het.

Die kompetisie word gelyklopend met die Superrugbyseisoen gespeel. Dit dien as ’n belangrike ontwikkelingskompetisie vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers.

Formaat Die 16 spanne is geografies in twee afdelings – Noord en Suid – ingedeel. Elke span sal deur die loop van die seisoen een keer teen die ander spanne in dieselfde afdeling speel – óf ’n tuis- óf ’n wegwedstryd. Die wenner en tweede plek van elke afdeling sal dan in die halfeindronde speel. Sommige wedstryde word na 'n neutrale plek as deel van 'n 'SuperStack'-inisiatief verskuif, waartydens drie wedstryde – waaronder ’n plaaslike amateurklubwedstryd – op een terrein gespeel word, met gratistoegang tot hierdie wedstryde om rugby onder alle sosiale groepe te bevorder.

Spanne Die spanne wat in 2019 in die Rugby-uitdaagreeks meeding is:

Noordelike Afdeling Span Geborgde naam Blou Bulle Vodacom Blou Bulle Griekwas Tafel Lager Griekwas Griffons Down Touch Griffons Goue Leeus Xerox Goue Leeus XV Luiperds Luiperds Pumas Steval Pumas Valke Hino Valke Welwitschias Windhoek Draught Welwitschias

Suidelike Afdeling Span Geborgde naam Boland Kavaliers Boland Kavaliers Grens Bulldogs Grens Bulldogs Natalse Haaie Cell C Haaie XV Oostelike Provinsie Oostelike Provinsie Kings SWD Arende SWD Arende Vrystaat Cheetahs Toyota Vrystaat XV Westelike Provinsie DHL Westelike Provinsie Zimbabwiese Akademiespan Zimbabwiese Akademiespan

Uitslae Die uitslae van die Rugby-uitdaagreeks se eindstryde is soos volg: Rugby-uitdaagreeks-eindstryde Seisoen Wenner Telling Naaswenner 2017 Westelike Provinsie 28–19 Griekwas 2018 Pumas 32–30 Griekwas 2019 Griekwas 28–13 Pumas

Sien ook Curriebeker

Verwysings

Kategorie:Rugby in Namibië Kategorie:Rugby in Zimbabwe Kategorie:Rugbykompetisies in Suid-Afrika