Toegeneentheid, aangetrokkenheid, verliefdheid of geneentheid is 'n "gesindheid of geestesgesteldheid"affection – Definitions from Dictionary.com wat dikwels met 'n soort liefde of gevoel van liefde geassosieer word. Dit het tot die ontstaan van verskeie filosofie- en sielkundedeterreine rakende emosie, siekte, invloed en geestesgesteldheid gelei.17th and 18th Century Theories of Emotions > Francis Hutcheson on the Emotions (Stanford Encyclopedia of Philosophy) "Toegeneentheid" word algemeen gebruik om 'n soort liefde of gevoel van liefde aan te dui wat meer as bloot goedgesindheid of vriendskap behels. Skrywers oor etiek gebruik die woord oor die algemeen om na spesifieke gevoelstoestande te verwys, blywend sowel as spasmodies. Sommiges kontrasteer dit met passie in die sin dat dit los van die onderskeidend sensuele element bestaan.
Selfs 'n baie eenvoudige demonstrasie van toegeneentheid kan 'n wye verskeidenheid emosionele reaksies uitlok, van verleentheid tot weersin tot genot tot ergerlikheid. Dit het ook verskillende fisieke uitwerkings op die gewer en die ontvanger.
Beperkte definisie Meer spesifiek is die woord tot emosionele gesteldhede beperk, waarvan die objek 'n lewende wese soos 'n mens of dier is. Toegeneentheid word met passie, afkomstig van die Griekse "patos" vergelyk. As sulks verskyn dit in die geskrifte van die Franse filosoof René Descartes, die Nederlandse filosoof Baruch Spinoza, en in die meeste van die geskrifte van die vroeë Britse etici. Om verskeie redes (bv. die feit dat dit nie angstigheid of opwinding insluit nie, dat dit relatief onaktief is, en weens die algehele afwesigheid van die sensuele element), word dit egter gewoonlik van passie onderskei. In hierdie enger sin het die woord 'n groot rol in etiese stelsels gespeel, waar sosiale of ouerlike toegeneentheid in 'n sekere sin as deel van 'n morele verpligting beskou word. Vir 'n bespreking van hierdie en soortgelyke probleme, wat uiteindelik berus op die mate waarin die toegeneentheid as vrywillig beskou word, sien H. Sidgwick, Methods of Ethics pp. 345–349.
Uitdrukking Toegeneentheid kan deur middel van woorde, gebare of aanrakings gekommunikeer word. Liefderyke gedrag het moontlik vanuit ouerlike vertroetelende gedrag ontwikkel as gevolg van die assosiasies met hormonale belonings.according to communication professor Kory Floyd of the University of Arizona Daar is bevind dat breinontwikkeling by babas deur hierdie liefdesbetuigings beïnvloed word.Infant Observation: International Journal of Infant Observation and Its Applications Uitdrukkings van toegeneentheid kan onwelkom wees indien dit 'n moontlike bedreiging vir 'n persoon se welsyn inhou. Sou dit egter verwelkom word, word toegeneentheid met verskeie gesondheidsvoordele geassosieer. Daar is al beweer dat interpersoonlike interaksie deur positiewe emosies bevorder word, en dat familiariteit wat deur toegeneentheid verkry is, onderlinge positiewe emosies bevorder.
Toegeneentheid kan in verskillende kulture op verskillende maniere gedemonstreer word. Onder die Mantsjoes is dit byvoorbeeld onvanpas vir 'n ma om haar baba in die openbaar te soen, terwyl dit as 'n gepaste liefdesbetuiging beskou word om in die openbaar fellasie met haar babaseuntjie te beoefen. Sommige individue met aleksitimie vind dit moeilik, of het selfs 'n onvermoë om toegeneentheid te ervaar of uit te druk.Sifneos, Peter E. "Problems of psychotherapy of patients with alexithymic characteristics and physical disease."
Verwysings
Verdere leesstof
Janice Raymond. 2001. A Passion for Friends. Publisher. Spinifex Press, , Elizabeth Sibthorpe Pinchard.2012. Family Affection: A Tale for Youth. Publisher- Hardpress Publishing, 2012 , Joshua Hordern. 2013. Political Affections: Civic Participation and Moral Theology. Oxford University Press. Robin Becker. 2006. Domain of Perfect Affection. Publisher University of Pittsburgh Press. , Kory Floyd. 2006. Communicating Affection: Interpersonal Behavior and Social Context. Advances in Personal Relationships. Publisher Cambridge University Press. , Tuan Yi-fu. 1984. Dominance & affection: The making of pets. Publisher-Yale University Press (New Haven). International Journal of Infant Observation and Its Applications. 2011. ISSN 1369-8036 Journal of the History of the Behavioral Sciences ; Vol 16 Issue 2. 2006. Infant Observation: International Journal of Infant Observation and Its Applications.Why love matters: How affection shapes a baby's brain.2006. Gustav Moritz. 1850. Duty and Affection. Publisher-Oxford University Sue Gerhardt. 2004. Why Love Matters: How Affection Shapes a Baby's Brain. Publisher-Taylor & Francis. , Gretchen Reydams-Schils. 2005. The Roman Stoics: Self, Responsibility, and Affection. Publisher University of Chicago Press. , Ariel Knafo & Robert Plomin. 2006. Parental Discipline and Affection and Children’s Prosocial Behavior:Genetic and Environmental Links Maurice A. Feldman, Laurie Case et al. 1989. Parent Education Project Iii: Increasing Affection And Responsivity In Developmentally Handicapped Mothers: Component Analysis, Generalization, And Effects On Child Language Halliday, James L. 1953. Concept of a Psychosomatic Affection. Publisher- Ronald Press Company Kory Floyd & Mark T. Morman. Affection received from fathers as a predictor of men's affection with their own sons: Tests of the modeling and compensation hypotheses. 2009.
Kategorie:Daaglikse lewe Kategorie:Liefde