Twaalf persone het op die maan geloop. Vier van hulle leef nog (teen Mei 2018). Alle maanlandings het tussen Julie 1969 en Desember 1972 as deel van die Nasa se Apollo-program plaasgevind.
# Naam Gebore Oorlede Ouderdomby staptog Missie Datum van maanloop Werkgewer Alma mater1. Neil Armstrong 38j 11 m 15d Apollo 11 21 Julie 1969This date is based on Coordinated Universal Time (UTC). Americans alive at the time remember it as the night of July 20, 1969 (Armstrong set foot on the Moon at 10:56 p.m. Eastern Daylight Time), but the official NASA chronology was kept in Greenwich Mean Time (GMT), so the first step was 2:56 a.m. on the 21st: NasaArmstrong had left the US Navy and was already a NASA employee when he and Elliot See became the first civilian astronauts in Astronaut Group 2. See Armstrong's NASA biography and a description of his receiving a NASA award , among others. Purdue-universiteit, Universiteit van Suid-Kalifornië2. Buzz Aldrin 39j 6 m 0d Amerikaanse Lugmag United States Military Academy, Massachusetts Institute of Technology3. Pete Conrad 39j 5 m 17d Apollo 12 19–20 November 1969 Amerikaanse Vloot Universiteit van Princeton4. Alan Bean 37j 8 m 4d Amerikaanse Vloot Universiteit van Texas, Austin5. Alan Shepard 47j 2 m 18d Apollo 14 5–6 Februarie 1971 Amerikaanse Vloot United States Naval Academy, Naval War College6. Edgar Mitchell 40j 4 m 19d Amerikaanse Vloot Carnegie Mellon-universiteit, Naval Postgraduate School, Massachusetts Institute of Technology7. David Scott 39j 1 m 25d Apollo 15 31 Julie – 2 Augustus 1971 Amerikaanse Lugmag Universiteit van Michigan; later 'n Eredoktorsgraad, United States Military Academy, Massachusetts Institute of Technology8. James Irwin 41j 4 m 14d Amerikaanse Lugmag United States Naval Academy, Universiteit van Michigan9. John W. Young 41j 6 m 28d Apollo 16 21–23 April 1972 Amerikaanse Vloot Georgia Institute of Technology10. Charles Duke 36j 6 m 18d Amerikaanse Vloot United States Naval Academy, Massachusetts Institute of Technology11. Eugene Cernan 38j 9 m 7d Apollo 17 11–14 Desember 1972 Amerikaanse Vloot Purdue-universiteit, Naval Postgraduate School12. Harrison Schmitt 37j 5 m 8d Nasa Caltech, Universiteit van Oslo (uitruilstudent), Harvard-universiteit (PhD Geology)
Interessante feite Tydens elkeen van die Apollo 17 uitstappies op die maan was Harrison Schmitt die tweede persoon uit en die eerste persoon terug in die maanmodule. Hy is dus die 12de en laaste unieke persoon wat op die maan geloop het. Eugene Cernan as die tweede persoon wat terug in die maanmodule geklim het was dus die laaste persoon wat fisies op die maan geloop het.
Alan Shepard is die oudste persoon wat op die maan geloop het: 47 jaar en 89 dae. Charles Duke is die jongste, 36 jaar en 201 dae. Duke het ook 'n foto van sy gesin op die maan agtergelaat.
Jim Lovell en Fred Haise moes op die maan geloop het tydens die Apollo 13 sending maar dit was gekanselleer weens 'n ernstige tegniese fout op pad na die maan toe. Haise was geskeduleer as bevelvoerder van Apollo 19 om op die maan te loop maar beide Apollo 18 en 19 is gekanselleer op 2 September 1970.
David Scott is die eerste persoon wat 'n voertuig op die maan bestuur het tydens die Apollo 15-missie.
James Irwin was die eerste van die twaalf persone wat oorlede is, op 8 Augustus 1991.
Verwysings