duimnael|regs|Hoofingang in Reitzstraat De Goede Hoop is 'n privaat Afrikaans-Christelike koshuis vir mans en vroue wat aan die Universiteit van Pretoria studeer.Afrikaans-speaking student res adamant "not exclusive", 702.co.za, 1 mei 2017. Die koshuis is in 2017 deur die burgerregte-organisasie AfriForum gestig. Die stigting van die koshuis het opslae gemaak omdat dit Afrikaans as enigste kommunikasietaal gebruik en nie die Universiteit van Pretoria se vereiste dat koshuise minstens 43% swart is, toepas nie.UP “60-40” quota a misinterpretation , Perdeby, 2 Mei 2013, geraadpleeg op 4 Mei 2017.In die artikel staan: "According to the university’s 2011 policy for residence placement, the minimum quota for first-year black students is 43%." In 2017 huisves De Goede Hoop 66 inwoners, waarvan 100% wit is. Een swart student is aanvaar vir verblyf, maar het sy studies gestaak weens finansiële redes.http://rekordeast.co.za/137703/de-goede-hoop-still-no-answers/

Die meeste studente van De Goede Hoop is in die ouderdomsgroep 19 tot 25.

Dit is geleë op die hoek van Reitz- en Verdoornstraat in Sunnyside, Pretoria, 1,8 km van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus en sowat 3 km van die Groenkloof-kampus.

Stigting Planne om die koshuis te stig het in 2015 ontstaan. In 2016 is voorbereidings sodanig afgehandel dat De Goede Hoop sy deure op 28 Januarie 2017 kon open.De Goede Hoop Koshuis 'n tuiste vir enige Afrikaanse Tukkie , AfriForum, 28 Januarie 2017, geraadpleeg op 4 Mei 2017.

AfriForum se doel met die stigting van die koshuis was om Afrikaanse studente se deelname aan die studentelewe te verseker, nadat dit volgens die organisasie tydens die FeesMustFall-betogings onder druk gekom het. Tydens dié protesoptrede het duisende studente betoog teen hoë klas- en koshuisgeld, en Afrikaans as onderrigtaal. Dit het gelei tot die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Pretoria.

Cornelius Jansen van Rensburg is die bestuursraadsvoorsitter van die koshuis.

Inskakeling by die Universiteit De Goede Hoop-studentevereniging is in 2016 by die Universiteit van Pretoria as 'n studentevereniging geregistreer. Inwoners van De Goede Hoop sou deur middel van hierdie studentevereniging aan studenteaktiwiteite by die Universiteit kon deelneem, maar die studentevereniging is helaas in 2017 deur die Universiteit ontbind.

Kritiek Sowat twee maande nadat die koshuis geopen het, het die karakter daarvan opspraak gewek. Volgens die aktivis Yusuf Abramjee is die karakter "eksklusief" en kom dit neer op segregasie of rasseskeiding.UP urged to condemn new ‘Afrikaans-only’ residence, The Citizen, 22 Maart 2017, geraadpleeg op 4 Mei 2017. Abramjee het 'n klag by die Universiteit van Pretoria sowel as by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe ingedien.CRL complaint laid against 'Afrikaans only' residence, News24, 23 Maart 2017, geraadpleeg op 4 Mei 2017.

Reaksie van die Universiteit van Pretoria Volgens Candice Jooste, 'n woordvoerder vir die Universiteit van Pretoria, veroordeel die Universiteit die koshuis "ten sterkste" en distansieer die instelling hom daarvan.UP distances itself from Afrikaans-only residence, EWN.co.za, 24 Maart 2017, geraadpleeg op 5 Mei 2017. Rikus Delport, 'n woordvoerder vir die universiteit, het op 27 Maart 2017 aangekondig dat die Universiteit die koshuis van alle amptelike universiteitsgeleenthede verban het. Delport het ook aangevoer dat die koshuis "diskriminerende toelatingsvereistes" handhaaf.AfriForum, Tuks dreig mekaar oor Afrikaanse koshuis , Netwerk24, 27 Maart 2017, geraadpleeg op 8 Mei 2017.

Verwysings

Eksterne skakels De Goede Hoop se amptelike webtuiste De Goede Hoop se Facebook-bladsy

Kategorie:Studente Kategorie:Universiteit van Pretoria