Marcus Junius Brutus (85—42 v.C.) was ’n Romeinse senator. Hy was die baasbrein agter die plan om Julius Caesar op 15 Maart 44 v.C te vermoor.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy het vantevore by die slag van Pharsalus saam met Pompeius teen Caesar geveg, al het Pompeius Brutus se pa in twyfelagtige omstandighede doodgemaak. Ná die moord op Caesar lei hy die legioene van "bevryders" of "republikeine" teen die legioene van Octavianus en Marcus Antonius by die slag van Philippi. Dit loop egter op 'n nederlaag uit, waarna hy selfmoord pleeg.

Literatuur Die welbekende frase "Et tu, Brute?" ("En jy, Brutus?") kom in Shakespeare se Julius Caesar-toneelstuk voor. Dit is die laaste woorde van Caesar voordat hy vermoor is. Die rede vir die uitspraak was dat Caesar hom as 'n vriend beskou het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Romeinse militariste Kategorie:Romeinse politici Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 85 v.C. Kategorie:Sterftes in 42 v.C.