Dennis Brutus (1924–2009) was 'n Suid-Afrikaanse digter en aktivis. Hy was ’n leidende figuur in die internasionale sportboikot teen Suid-Afrika in die tyd van apartheid. Sy digbundels sluit in Sirens Knuckles and Boots, Stubborn Hope en Still the Sirens.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy het ook die pseudoniem John Bruin gebruik.
Lewensloop Dennis Brutus is op 24 November 1924 in Salisbury (tans Harare) in Zimbabwe gebore. Sy ouers was Suid-Afrikaners en hy het in Port Elizabeth grootgeword. Hy studeer Engels en pedagogiek aan die Universiteit van die Witwatersrand en was van 1947 tot 1961 onderwyser in Afrikaans en Engels in Port Elizabeth en vervolgens lektor aan die Universiteit van Fort Hare."The Dennis Brutus Tapes: Essays at Autobiography", The Dennis Brutus Tapes: Essays at Autobiography
Omdat hy hom teen apartheid verset het en die voorsitter van die organisasie was wat gemengde Suid-Afrikaanse deelname aan die Olimpiese Spele gepropageer het, is hy verbied om klas te gee en te publiseer.Keith A. P. Sandiford, A Black Studies Primer: Heroes and Heroines of the African Diaspora, Hansib Publications, 2008, p. 108. In 1963 moes hy die land uit vlug. Hy is egter in Mosambiek in hegtenis geneem en aan Suid-Afrika uitgelewer, waar hy tot 18 maande dwangarbeid op Robbeneiland gevonnis is.Douglas Martin, "Dennis Brutus Dies at 85; Fought Apartheid With Sports", The New York Times, 2 Januarie 2010 (3 Januarie 2009, p. A22 NY ed.). Besoek op 2010-01-03.
In 1966 kon hy na die Verenigde Koninkryk emigreer en later na die Verenigde State van Amerika. Brutus het die grootste deel van sy volwasse lewe as 'n dosent in die VSA gewerk, waar hy as professor emeritus van die Universiteit van Pittsburgh uitgetree het.
Brutus is op 26 Desember 2009 in Kaapstad oorlede. Hy was 85 jaar oud.
Werke duimnael|Dennis Brutus in 1967.
Sirens Knuckles and Boots (1963) Letters to Martha and Other Poems from a South African Prison (1968) Poems from Algiers (1970) A Simple Lust (1973) China Poems (1975) Stubborn Hope (1978) Salutes and Censures (1982) Airs & Tributes (1989) Still the Sirens (1993) Remembering Soweto (2004) Leafdrift (2005) Poetry and Protest: A Dennis Brutus Reader (2006)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse digters
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2009 Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Mense van Suid-Afrika van Engelse afkoms