Kalki (Devanagari: ; letterlik "vernietiger van vullis") is die 10de avatar van die Hindoegod Vishnu in die huidige mahayuga (eon). Daar is voorspel hy sal aan die einde van die huidige yuga (epog), die Kali (Vierde) Yuga, verskyn. Volgens die Purana-geskrifte sal hy op ’n wit perd ry en sy ontblote swaard sal helder gloei. Hy is die aankondiger van die eindtyd in Hindoe-eskatologie, waarna hy weer ’n Satya (Eerste) Yuga sal inlei.

Die naam is moontlik afgelei van die Sanskrit woord kalā (कला), wat enige praktiese of beeldende kuns beteken. Dit kan ook ’n metafoor vir "ewigheid" of "tyd" wees, aangesien kalā ook ’n "deel" van enigiets kan beteken. Verder beteken die Sanskrit woord kalka (Devanagari: कल्क) "vullis", en daarom kan Kalki ook "vernietiger van vullis" beteken.

Puranas Een van die eerste kere dat Kalki genoem word, is in die Vishnupurana, ná 550 n.C.

Volgens die Kalkipurana sal Padma sy metgesel wees.Kalkipurana 1:3:9 - 1:3:10, 2:1:39- 2:1:41. Dié geliefde van Kalki wat ’n inkarnasie van Lakshmi is, woon op die Eiland van die Leeu (द्वीप dwīpa, Eiland, + सिंह Simha, Leeu, + ले lē, van; 1:3:9).

Voorspellings Moderne geleerdes het al probeer om die onlangse geskiedenis met Kalki te verbind. As ’n mens in ag neem die Kali Yuga sal 432 000 jaar duur en dit het in 3102 v.C. begin,The Indus Script and the Rg-Veda, bl. 16, deur Egbert Richter-Ushanas, beweer mense soos die ghoeroe Sri Yukteswar Giri daar is kleiner siklusse binne die groter een van 432 000 jaar.The Holy Science, deur Jnanavatar Swami Sri Yukteswar Giri, Yogoda Sat-Sanga Society of India, 1949Astrology of the Seers, Lotus Press, Twin Lakes, Wisconsin

Daar word geglo die oorsprong van Kalki sal in Indië wees, aan die oewer van die Gangesrivier.

duimnael|center|650px|Dashavatara: van links is Matsya, Kurma, Varaha, Narasimha, Vamana, Parashurama, Rama, Krishna, Boeddha en Kalki. Kalki se verjaardag moet op die 12de dag van die groeiende maan wees. Dit beteken net 12 dae in ’n gegewe jaar. Verder moet dit in die maand Chaitra (Maart/April) wees – dit beteken een dag per jaar.

Indiese astroloë het die Puranas deeglik ontleed om die tyd van Kalki se geboorte te voorspel. Die tekens in die Kalkipurana is soos volg: Die maan sal in die Waterdraer wees, wat voorspel hy sal ryk, beroemd en rats in aksie en gedagtes wees. Die son sal in die maanhuis van die swaard wees. Jupiter sal in die maanhuis Boogskutter wees. Die planeet wat die opkomende teken aan die oostelike horison regeer, sal ook in die Boogskutter wees, en dit voorspel onoorwinlikheid. Saturnus sal in die Weegskaal verhewe wees, wat dui op ’n balans tussen geregtigheid en die swaard. Ketu, ’n vyfkoppige slang en die god van die ondergaande maan, sal in die Skerpioen verhewe wees, wat beteken Kalki kan op ’n groot wit perd neerdaal. duimnael|Kalki en sy wit perd, Devadatta.

Die Puranas gee die datum aan as 21 tydperke van twee weke ná die geboorte van Krishna in Augustus. Dit sal beteken hy sal neerdaal op Vaishakha (April/Mei). In dié tyd sal Kalki se pa oorstelp wees oor die inkarnasie van die hoofgod, wat hy as sy seun beskou. Dit plaas Kalki onder die sonteken Ram of Bul.

Ondanks al die voorspelde datums het astroloë nog nie op ’n datum ooreengekom nie.

Die Bhavishyapurana voorspel:

Verwysings

Eksterne skakels Indiese mitologie: Kalki Hindu Prophecies: Vertalings uit die Kalkipurana Kommentaar op die Kalkipurana

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Vorme van Vishnu Kategorie:Eskatologie