Willem "Wim" Johan Simon de Villiers (gebore 1959) is 'n Suid-Afrikaanse akademikus en dokter. Hy het van 2015 tot 2025 as die 12de rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) gedien. Hy het Russel Botman opgevolg nadat laasgenoemde in 2014 skielik aan 'n hartaanval oorlede is.

De Villiers was voorheen die Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy is 'n raadslid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika.

Lewe Nadat hy sy mediese graad verwerf het, het De Villiers na Engeland verhuis, waar hy in 1995 'n doktorsgraad in immunologie aan die Universiteit van Oxford verwerf het. Daarna verhuis hy na die Verenigde State waar hy as 'n gastro-enteroloog gewerk het. Hy het ook talle senior poste by die Universiteit van Kentucky beklee, waaronder die hoof van gastro-enterologie.

Hy het ook 'n meestersgraad in gesondheidsorgbestuur aan Harvard-universiteit verwerf.

Omstredenhede

Taalbeleid aan die Universiteit Stellenbosch Wim de Villiers vorm in 2015 'n bestuurspan om namens die Universiteit die taalvraagstuk te besleg. Die bestuurspan beslis dat "alle onderrig aan die Universiteit Stellenbosch in Engels gefassiliteer sal word" en dat "aansienlike akademiese ondersteuning volgens studente se behoeftes in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar gestel sal word". Parker, M. 2016, 'Stellenbosch and the Afrikaans racial baggage', New African, 557, p. 38, MasterFILE Premier, EBSCOhost, geraadpleeg op 10 Mei 2017.

In 2017 word die Universiteit een van vier Suid-Afrikaanse universiteite om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf.

De Villiers is ten gunste daarvan om die gebruik van Engels by die US uit te brei tot meer as 50% om meer internasionale studente en lektore te lok.

Op 6 Augustus 2017 berig Netwerk24 dat hofstukke by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien is wat beweer dat De Villiers die raad van die Universiteit Stellenbosch met opset mislei het in sy stryd om Afrikaans as onderrigtaal aan die universiteit af te skaf.

In Oktober 2019 vra die Demokratiese Alliansie vir 'n onafhanklike ondersoek na De Villiers se beweerde pogings om regter Edwin Cameron om te koop deur Cameron die kanselierspos aan te bied in ruil vir 'n beslissing in die Konstitusionele Hof ten gunste van die Universiteit Stellenbosch se beleid om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf.

De Villiers ontken dat hy die verkiesing van Edwin Cameron tot kanselier kon beïnvloed. 'n Ondersoek het De Villiers van enige blaam onthef.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels Biografiese skets – Prof Wim de Villiers Wim de Villiers op LinkedIn

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Universiteit Stellenbosch Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Wilgenhof