duimnael|Strandlopers met hul skuilings op die strand, flaminke in vlug met walvisbene en skulpe op die voorgrond.

Die Strandlopers is 'n afstamming van die San-mense, wat deur jag en kosversamel langs die strande in Suidwestelike Afrika geleef het, oorspronklik van die Kaap tot aan die Skedelkus.

Die meeste Strandlopergemeenskappe het nie die deur demografiese en ekonomiese veranderinge van die 19de en 20ste eeue in suider- en suidwestelike Afrika volstaan nie, en deur assimilasie verdwyn. Die enigste stam wat nog as eenheid van hul assimilerende omgewing onderskeibaar is, is die Topnaar van die suidelike Namib, wat in 2005 bestaan het uit sowat 500 lede, versprei oor 12 klein nedersettings langs die Kuisebrivier in sentraal Namibië. Hoewel die ander gemeenskappe as afsonderlike eenhede verdwyn het, is daar argeologiese oorblyfsels van hul bestaan in die vorm van ashope met skulpe, pottebakkery en die bene van walvisse en robbe, tesame met as en houtskool, en verwys sekere kusgemeenskappe, veral in die Oos-Kaap, steeds op hierdie manier na hulself om die deel van hul erfenis wat met hulle resoneer, op te som.

Etimologie Die Afrikaanse naamwoord, afkomstig uit Nederlands, is deur argeoloë uitgebrei om te verwys na die kusgemeenskappe met 'n oorlewingsekonomie wat gebaseer is op strandversameling en 'n seekosdiëet. Die term is ook gedurende Suid-Afrika se apartheidsera deur sommige Suid-Afrikaners, waaronder ook witmense, as 'n gebaar gebruik om die regering se rassistiese beleid deur middel van self-identifikasie met die inheemse inwoners van die land te verwerp, en andersyds deur diegene gelok deur die strande en die strandleefstyl.

Sien ook Autshumato, Herrie die Strandloper Eva Krotoa, Autshumato se niggie.

Verwysings

Kategorie:Etniese groepe in Namibië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika