Jan Bruijns (ook bekend as Jan Bruyns en Jan Bruijn) is 'n Suid-Afrikaanse akteur.Profiel op ESAT, besoek op 30 April 2017 Hy is bekend vir sy baritonstem en kragtige spel in die 1950’s op die verhoog in onder meer W.A. de Klerk se Die jaar van die vuuros (onder regie van Hermien Dommisse) en Jean Racine se Andromache (onder regie van Aletta Gericke). Hy was in meer as 30 Afrikaanse rolprente te sien, waaronder Doodkry is min (1961) en Die rebel (1976). Hy het ook vir die radio gespeel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Verhoogwerk Bruijns sluit by die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging (K.A.T.) aan waar hy in September 1944 die eenbedryf Plaas Toe deur Andries de Klerk opvoer. Sy eerste groot rol was in 1944 in Paastyd deur Strindberg. In dieselfde jaar speel hy Mat Burke in O’Neill se drama Anna Christie. Hy speel ook in 1945 vir K.A.T. in Liefdesvuur deur Herman Sudermann, toe in The Boy David deur sir James Barrie vir die Kaapstadse Reps (Repertory Theatre Society). In 1946 speel hy prof. Henk Johannsen in Die Dae van Jou Lewe deur W.A. de Klerk.

Nadat hy na Johannesburg trek, speel hy vir die Johannesburgse Afrikaanse Amateur Toneelspelers (JAATS) in Die Gebreekte Kruik. Sy eenbedryf, Die Simbool, is by die FATSA-fees van 1948 opgevoer, waarvan hy die regisseur was en ook 'n rol in gespeel het. Daarna speel hy in Die Barretts van Wimpolestraat vir JAATS, asook in Gif en Oujongnooiens as Mortimer Brewster. Die Volksteater nooi hom in hierdie rol vir hulle produksie van G en O. Andromache (Racine), onder regie van Aletta Gericke volg in 1949, en vroeg in 1950, Die Vader, deur Strindberg. Hy speel voorts Banquo in die NTO-produksie (Nasionale Toneelorganisasie) van Macbeth en die generaal in Die Jaar van die Vuuros (ook vir NTO).

Filmografie Babel a Sodome (TV-fliek), 1990 Die Groen Faktor, 1984 Bosveldhotel, die moevie, 1982 as Joop van Rensburg Burning Rubber, 1981 as Manney Rienie, 1980 as Dr. Henk Weyers Pour tout l'or du Transvaal (TV mini-reeks), 1979 as Abraham Zulu Dawn, 1979 as Ouer Boer Plekkie in die son, 1979 as Oom Jan Die Rebel, 1976 Die Ridder van die Grootpad, 1976 'n Beeld vir Jeannie, 1976 as Tom Schlebusch e'Lollipop, 1975 as Oom Koos Jakkalsdraai se Mense, 1975 Ter wille van Christine, 1975 Geluksdal, 1974 as Koos Conradie Die Wit Sluier, 1973 as Prof. Klaus Schillinger. Dirkie, 1970 as kolonel Farewell Johnny, 1970 as Linda se pa Seven Against the Sun, 1964 as O.C. Rider in the Night, 1963 Voor sononder, 1962 as Piet le Roux As Ons Twee Eers Getroud is!, 1962 The Hellions, 1961 as Jan Pretorius Doodkry is Min, 1961 Fratse in die Vloot, 1958 Die Bosvelder, 1958 Dis Lekker om te Lewe, 1957 as Sersant-Majoor Donker Afrika, 1957 Paul Krüger, 1956 as Andries Pretorius/M.W. Pretorius 'n Plan is 'n Boerdery, 1954 Kom saam vanaand!, 1949 as Mnr. Bekker

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs