Magnesiumhdroksied is 'n chemiese verbinding met formule . Dit is 'n vastestof wat effens in water oplosbaar is en basiese eienskappe besit. Dit word in die natuur as die mineraal brusiet aangetref.
Gebruik 'n Suspensie van die hidroksied in water – melk van magnesia – het 'n pH van ongeveer 9,5 tot 10,5 en word soms teen maagsuurprobleme aangewend. Dit word in die suikervervaardiging en vir die vervaardiging van magnesiummetaal gebruik. Dit word ook as brandvertragende middel gebruik omdat dit bo 'n temperatuur van 325 °C ontbind en 31% water vrystel.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings hidroksied