Perovskiet is 'n algemene mineraal met formule
Struktuur links|duimnael|Die ideale perovskietstruktuur Perovskiet is die argetipe van die E2-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie, maar dit betref die ideale kubiese struktuur wat ruimtegroep Pmm besit.TYPIX Standardized Data and Crystal Chemical Characterization of Inorganic Structure Types Gmelin Handbook of Inorganic and Organometallic Chemistry – 8ste uitgawe, , Springer Science & Business Media, 2013, , , bls. 369
Die meeste stowwe met hierdie tipe struktuur het nogtans meestal 'n effens verwronge kristalrooster wat 'n laer simmetrie het. Dit geld ook vir die mineraal perovskiet self wat 'n ortorombiese struktuur het.
Stowwe wat 'n stoigiometrie en 'n onverwronge kubiese perovskietstruktuur het is taamlik seldsaam. Voorbeelde is en . Strontiumtitanaat het 'n kubiese sel met 3,905 Å en ruimtegroep Pmm. Die atoomposisies is:
(A) in 1b: (½, ½, ½) (B) in 1a: (0, 0, 0) (X) in 3d (½, 0, 0), (0, ½, 0), (0, 0, ½)
Die A-ione is meestal taamlik groot en word deur 'n kuboktaëder van 12 anione omring. Die B-ione is kleiner en het 'n sesvoudige, oktaëdriese omringing. Hierdie struktuur kan van die kubiese digpakking van anione afgelei word deur 1/4 van die anione deur die A-ioon te vervang en 1/4 van die oktaëderholtes met B-ione te beset. Die -struktuur kan van die perovskietstruktuur afgelei word deur die A-ione weg te laat.
Die Ca-ioon in , die eintlike mineraal perovskiet, is kleiner as die Sr-ioon. Dit is eintlik te klein vir die holte met 12-omringing. Dit lei tot 'n verwronge struktuur met gekantelde -oktaëders. By hoër temperature verander die drie kantelhoeke en by 1512(12) K vind 'n eerste orde-oorgang na 'n stuktuur met hoër simmetrie plaas (ruimtegroep I4/mcm), wat net een kantelhoek het wat nie 0 ° is nie. Hierdie kantelhoek gaan daarna ook geleidelik na 0 ° en by 1635 K word die stof kubies met 'n onverwronge stuktuur. Hierdie tweede oorgang in van die tweede orde.Structural phase transition and octahedral tilting in the calcium titanate perovskite CaTiO3 Solid State Ionics 180 (2009) 120-126
Verwysings
Kategorie:Minerale