Charlie Brown is die hoofkarakter van die Amerikaanse strokiesprent Peanuts, wat deur Charles M. Schultz bedink is. Hierdie strokiesverhaal word daagliks in talle lande oor die wêreld in koerante gepubliseer. In die storie is Charlie Brown ’n gawe seun wat nie veel selfvertroue het nie en dikwels deur ongeluk getref word. Sy hond se naam is Snoopy.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
duimnael|links|Charles Schultz met 'n skets van Charlie Brown. duimnael|links|Charly, Snoopy en Woodstock
Schulz, 'n boorling van Minnesota wat die karakter geskep het, het gesê dat "hy [Charlie Brown] die een is wat moet ly, omdat hy 'n karikatuur van die gemiddelde persoon is. Die meeste van ons is baie meer met verloor as met wen bekend". Ongeag hiervan het Charlie Brown deur die jare ook gelukkige oomblikke en oorwinnings ervaar. Hy toon soms onkarakteristies selfvertroue ten spyte van sy gereelde senuweeagtigheid.
Schulz het ook gesê: "Ek hou van Charlie Brown as die fokuspunt van byna elke storie".
Lee Mendelson, vervaardiger van die meeste Peanuts-programme vir TV, het gesê dat "hy [Charlie Brown] 'n slagoffer is wat boelies oorleef en finaal oorkom".
Charlie Brown verjaar op 30 Oktober. In die oorspronklike strokies van 3 November 1950 word gesuggereer dat hy in 1946 gebore is. Aanvanklik woon Charlie Brown in 'n woonstel, met sy ouma wat een vloer bokant hom bly. 'n Paar jaar later (in die storie) woon hy in 'n huis met 'n agterplaas.
Vriende Charlie Brown se vriende is: Sally is Charlie Brown se jonger suster. Sy kla dikwels oor verskillende dinge. Hy word by tye gedwing om haar huiswerk te doen, daarvoor hy haar uitskel of wat hy soms gelate aanvaar. Linus is die intellektuele reus. Hy het altyd sy gunsteling kombers by hom. Lucy het 'n sterk persoonlikheid en boelie hom voortdurend. Sy is bekend vir haar mal idees en skel hom gereeld oor sy mislukkings uit. Woodstock is 'n klein, geel voëltjie. Net Snoopy kan met hom herken en met hom kommunikeer. Schroeder is 'n pianis en hou van Beethoven. Hy speel gewoonlik die klavier. Peppermint Patty het 'n sterk, maar saai persoonlikheid en is soms baasspelerig teenoor hom. Sy is 'n goeie bofbalspeler, maar is nie goed met skoolwerk nie. Marcie is 'n goeie vriend van Peppermint Patty. Sy is ernstig, maar nie goed in bofbal nie. Pigpen is optimisties. Hy kan stof soos 'n magneet versamel. Franklin is altyd bedagsaam en kalm. Hy het saam met Charlie Brown gespeel en vriende gemaak.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Fiktiewe karakters Kategorie:Strokiesverhale