Kadmiumjodied is 'n verbinding van kadmium en jodium met formule .

Struktuur Die 4H-kristalstruktuur van kadmiumjodied is gelaag en dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C6-struktuur. Daar is talle verbindings en minerale wat hierdie kadiumjodiedstruktuur het. Gewoonlik het hulle groot polariseerbare anione soos swawel, seleen, broom, jodium ensomeer. Die gelaagde C6-struktuur kan van die heksagonale digpakking afgelei word deur die oktaëderholtes in die een laag met metaalatome te vul en die volgende laag leeg te laat. Die elektriese polarisasie wat die gevolg is van die teenwoordigheid van katione aan die een kant van die anioonlaag en die ontbreek daarvan aan die ander kant, help om die struktuur te stabiliseer. Stowwe met kleiner ione soos oksiede of fluoriede vorm gewoonlik strukture waar katione aan altwee kante teenwoordig is en daardeur nie gelaagd is nie, omdat hierdie kleiner ione moeiliker is om te polariseer. (Hulle het minder elektroneskille en is 'harder'.)

Die pakmodus van kadmiumjodiedkristalle kan baie wissel. Daar was in die middel-1980's 152 politipes van bekend.

Elektriese eienskappe Kadmiumjodied is 'n halfgeleier. Die elektriese eienskappe is afhanklik van die suiwerheid en die perfeksie van die kristalle. Die kristalstruktuur bevat maklik stapelfoute en dit vorm politipes. Review Article Present state of polytypism in cadmium iodide crystals Phys. stat. sol (a) 38(11) 1976 Suiwering deur sonesmelting lewer die suiwer 4H-vorm. Die bandgaping neem af van 3,9 eV by 8 keer sonesmelt tot 3,3 eV by 25 keer. Die gesuiwerde eenkristalle is kleurloos.Effect of purity of cadmium iodide crystals on physical properties, International Journal of Advancements in Research & Technology, 2(9), September 2013

Gebruike Kadmiumjodied word gebruik in litografie, fotografie, elektroplatering en die vervaardiging van fosfore.Pradyot Patnaik. Handbook of Inorganic Chemicals. McGraw-Hill, 2002,

Bereiding Kadmiumjodied kan berei word deur die toevoeging van die kadmiummetaal, of sy oksied, hidroksied of karbonaat by hidrojoodsuur. Die verbinding kan ook berei word deur verhitting van kadmium met jodium.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kadmium