Anna Eleanor Roosevelt (11 Oktober 1884 – 7 November 1962) was 'n Amerikaanse politikus, diplomaat en aktivis. Sy was ook die eggenote van Franklin D. Roosevelt, die President van die Verenigde State. Sy is die Eerste Dame wat nog die langste in die rol gedien het as gevolg van haar man se vier termyne as president. Sy was ook Amerika se afgevaardigde na die Verenigde Nasies van 1945 tot 1952.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Eerste Dames van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1962