Andrew Brown is ’n Suid-Afrikaanse advokaat en skrywer. Sy romans sluit in Inyenzi (oor die Rwandese volksmoord), Coldsleep Lullaby (wat die Sunday Times-fiksieprys in 2006 wen), Refuge en Solace. In Street Blues (sy enigste nie-fiksie werk) skryf hy oor sy wedervaringe as ’n polisiereservis.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, As romanskrywer is Brown sterk deur William Boyd en Ian McEwan beïnvloed. In 2009 het hy die kortlys vir die Alan Paton-prys gehaal en in 2010 is hy vir die Statebond-skrywersprys (Afrika-streek) genomineer.

Bibliografie Fiksie: Inyenzi (Eerste publikasie 2000; tweede in 2007) Coldsleep Lullaby (Eerste publikasie 2005; tweede in 2012) Refuge (2009) Solace (2012) Devil's Harvest (2014)

Nie-fiksie: Street Blues (2008)

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense