Ekonomie van Suid-AfrikaGegewens verskaf deur Statistiek SAStatistiek SA, Report: Gross domestic product, Third quarter 2021, 7 December 2021. http://www.statssa.gov.za/publications/P0441/P04413rdQuarter2021.pdf . Internasionale Monetêre Fonds (IMF)IMF. 2021 Article IV Consultation - Press Release; Staff Report; and Statement by the Executive Director for South Africa. 11 Februarie 2022. https://www.imf.org/en/countries/zaf?selectedfilters=Article%20IV%20Staff%20Reports# en Wêreldbankhttps://www.worldbank.org/en/country/southafricaGeldeenheid1 rand = 100 sentFiskale jaar1 April – 31 MaartHandelsorganisasiesWêreldhandelsorganisasie (WHO), Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU)StatistiekeBruto nasionale inkomste – geranglys36ste (in 2022)BBP (2025)$418 miljard (nominaal)https://www.imf.org/external/datamapper/NGDPD@WEO/ZAF?zoom=ZAF&highlight=ZAF$1003 miljard (KKP)https://www.imf.org/external/datamapper/PPPGDP@WEO/ZAF?zoom=ZAF&highlight=ZAFGroei van reële BBP (2020) -6.4%Reële BBP per capita (2020)$ 5 673 (nominaal)BBP volgens sektore (2020)Landbou, bosbou, seevisserye en mynbou (7.4%), vervaardiging (11.5%), elektrisiteit, water en gas (2.4%), boubedryf (2.6%), handel en toerisme (11.5%), vervoer en kommunikasie (7.4%), finansiële dienste (23.8%), openbare dienste (8.6%), persoonlike dienste (15.5%) en netto belasting (9.4%).Bruto buitelandse valutareserwes$57.2 miljard (31 Januarie 2022)SA Reserwebank. Monthly Release of Selected Data - No 396 February 2022. 3 Maart 2022. https://www.resbank.co.za/en/home/publications/monthly-releasesInflasiekoers (verbruikersprysindeks)5.7% (Januarie 2022)Arbeidsmag21.9 miljoen (September 2021)Werkloosheid34,9% (September 2021)HoofnywerhedeMynbou (platinum, goud, chroom, diamante), motorvervaardiging, metaalverwerking, masjienbou, tekstiele, yster, staal, chemiese nywerhede, kunsmis en voedselverwerkingHandelsvennoteSuid-Afrikaanse Inkomstediens. Handelstatistieke. https://www.sars.gov.za/customs-and-excise/trade-statistics/UitvoereR1 818,8 miljard (2021) Vyf grootste uitvoerbestemmingsVolksrepubliek China 11%, Verenigde State 10,6%, Duitsland 8,5%, Japan 6,7% en Verenigde Koninkryk 6,6%InvoereR1 379,8 miljard (2021)Vyf grootste lande van oorsprong vir invoereVolksrepubliek China 21%, Duitsland 8,1%, Verenigde State 7%, Indië 5,7% en Saoedi-Arabië 4,4%.Openbare finansiesNasionale Tesourie. Budget Review 2022. http://www.treasury.gov.za/documents/national%20budget/2022/default.aspxInternasionale skuldlas R844 miljard (Desember 2021)Totale skuldlasR4 000 miljard (2022/2023 geskat)StaatsinkomsteR1 770 miljard (2022/2023 geskat)StaatsuitgawesR2 157 miljard (2022/2023 geskat)
Die ekonomie van Suid-Afrika word as 'n ontwikkelende mark beskou. Dit is tans die wêreld se 39ste grootste ekonomie in terme van nominale bruto binnelandse produk (BBP) in dollars.Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.MKTP.CD?most_recent_value_desc=true Volgens koopkragpariteit het die land die wêreld se 31ste grootste ekonomie.Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.MKTP.PP.CD?most_recent_value_desc=true Suid-Afrika se BBP per capita (in nominale dollars) lê 111ste op die lys van lande.Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.PCAP.CD?most_recent_value_desc=true Die land se ekonomie word as die mees gevorderde in Afrika beskou, hoewel dit kleiner is as dié van Nigerië en Egipte.Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. 2022. https://www.state.gov/u-s-relations-with-south-africa/ Die Suid-Afrikaanse ekonomie is gediversifiseer en beskik oor die vasteland se grootste vervaardigingsektor, ʼn sterk mynbousektor, gevorderde finansiële dienste (wat onder meer Afrika se grootste handelsbank insluit), moderne infrastruktuur (soos lughawens, hawens en hoofweë) en is verantwoordelik vir die bykans die helfte van alle elektrisiteit wat in Afrika opgewek word. Die rand, Suid-Afrika se geldeenheid, was in 2019 (toe die laaste driejaarlikse opname gedoen is) die wêreld se 18de mees verhandelde geldeenheid – twee posisies hoër as in 2016.https://www.businessinsider.co.za/rand-trading-has-increased-by-182-most-of-it-is-outside-south-africa-2020-1 Die grootste uitvoerbestemmings vir Suid-Afrikaanse produkte is China, die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Verenigde Koninkryk. Die vyf lande waarvan die meeste goedere na Suid-Afrika ingevoer word, is China, Duitsland, die Verenigde State, Indië en Saoedi-Arabië. Suid Afrika is 'n lid van verskeie wêreldorganisasies wat handel en ekonomiese groei bevorder, insluitend die Internasionale Monetêre Fonds, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die Wêreldhandelsorganisasie, die Afrika Vasteland Vryhandelsooreenkoms, die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (wat ook Namibië, Lesotho en Eswatini insluit), en die Suider-Afrikaanse Doeane-unie.
Minerale rykdom en landbou Die land se ekonomie word deur 'n oorvloed van natuurlike hulpbronne aangevuur. Die ontdekking van diamante in die Kimberley-omgewing in 1867 en van goud in die Witwatersrand in die 1880’s het die basis vir Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling gelei.SA Mineraleraad. 2022. https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining Vandag beskik die land oor 88% van die wêreld se platinumreserwes, 80% van die mangaanreserwes, 72% van die chroomreserwes en 13% van die goudreserwes.Universiteit van Witwatersrand. https://www.wits.ac.za/wmi/about-us/the-south-african-mining-sector/ Die Witwatersrand bly die wêreld se grootste goudreserwebron.SA Mineraleraad. 2022. https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold Suid-Afrika beskik ook oor 10% van die wêreld se titaanreserwes, 25% van die sirkoniumreserwes, 40% van die vermikulietreserwes en 17% van veldspaltreserwes.
Benewes die minerale rykdom van Suid-Afrika, is die land se ander primêre sektor, landbou, 'n belangrike bedryf wat inskakel by vervaardiging, op grootskaal mense in diens neem en bydra tot die land se tegnologiese vooruitgang. Die Suid-Afrikaanse landboubedryf is steeds 'n netto uitvoerder van produkte – dit beteken die land voer meer landbouprodukte uit as in.Futuregrowth Asset Management. 2021. Gedurende 2020 het die uitvoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte $10.2 miljard beloop, oftewel 3% meer as in 2019. In 2020 het die invoer van landbouprodukte met 8% gedaal en bygedra tot die 26% styging in Suid-Afrika se landbou-handelsurplus. Die 10 grootste uitvoerprodukte, volgens waarde, in 2020 was sitrus, tafeldruiwe, wyn, appels en pere, mielies, neute, suiker, wol en vrugtesappe.
Finansiële dienste Suid-Afrika het verder die grootste finansiëledienstebedryf in Afrika. Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se markkapitalisasie was in 2020 gelykstaande met 313% van die land se BBP.Wêreldbank. 2020. Groot internasionale maatskappye, soos BHP (gediversifiseerde mynbou), Prosus/Naspers (internethandel), Anheuser-Busch InBev (bierbrouer), British American Tobacco (tabak), Glencore (metaalverhandeling), Richemont (luuksegoedere), Anglo American (gediversifiseerde mynbou) en South32 (gediversifiseerde mynbou) is op die beurs genoteer.ShareData online. 2022. Verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye het ná die aftakeling van apartheid en die oopstel van die land se ekonomie hul fokus internasionaal gewend. Van hierdie maatskappye sluit in Anglo American, MTN, Vodacom, Standard Bank, Gold Fields, Sasol en Sappi.
Suid-Afrikaanse banke, vernaam die grootste vier Absa, FirstRand, Nedbank en Standard Bank, het almal ná 1994 hul bedrywighede in Afrika uitgebrei. Standard Bank, die vasteland se grootste bank volgens bates, het bedrywighede in 20 ander Afrikalande.Standard Bank. 2022. FirstRand, wat First National Bank en Rand Merchant Bank insluit, het bedrywighede in agt ander Afrikalande en die Verenigde Koninkryk.FirstRand. 2022. Absa het in agt ander Afrikalande besighede,Absa. 2022. terwyl Nedbank deur sy 20% aandeelhouding in die Togolese Ecobank ʼn teenwoordigheid in 39 ander Afrikalande het.Nedbank. 2022.
Mees gevorderde ekonomie in Afrika duimnael|links|Die sentrale sakekern van Johannesburg. Die metropool van Gauteng is in die ekonomiese hartland van Suid-Afrika geleë Alhoewel Suid-Afrika se ekonomie in vergelyking met die ontwikkelde Westerse lande nog steeds klein is, word die land in Afrika-verband as 'n ekonomiese reus beskou. Sy bruto geografiese produk (BGP) is vier keer so groot as dié van sy buurstate in Suidelike Afrika en verteenwoordig sowat 25 persent van die hele Afrika se BGP.
Suid-Afrika spog met die belangrikste nywerheidsektor op die vasteland wat 40 persent van Afrika se totale nywerheidsproduksie oplewer, ontgin 45 persent van Afrika se minerale en wek meer as die helfte van Afrika se elektrisiteit op. In teenstelling met ander Afrikalande het Suid-Afrika sedert die middel van die 17de eeu oor 'n wit bevolking beskik wat sedert die laat 19de eeu 'n moderne kapitalistiese ekonomiese stelsel en infrastruktuur ontwikkel het. Land- en mynbou was die basis van die industrialisering, en vandag beskik die land reeds oor 'n hoogs ontwikkelde nywerheids- en dienstesektor. Sy bankstelsel behoort tot die modernstes ter wêreld, terwyl die Johannesburgse aandelebeurs volgens sy markkapitalisasie tot die 20 grootstes wêreldwyd behoort.
Suid-Afrika se nywerhede is in vier groot metropolitaanse gebiede gekonsentreer: Johannesburg, Pretoria en Vereeniging-Vanderbijlpark (provinsie Gauteng), die kusgebied van Durban en Pinetown (provinsie KwaZulu-Natal), die Kaapse Skiereiland met Kaapstad (provinsie Wes-Kaap) en die gebied van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) en Uitenhage in die provinsie Oos-Kaap. As die finansiële en nywerheidsentrum van Suid-Afrika lewer Gauteng sowat 30 persent van die nasionale BGP op.
Ekonomiese struktuur duimnael|Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad. Privaatverbruik vervul 'n steeds belangriker rol in die land se ekonomie Die mynbousektor lewer tans 8,3 persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) op en verskaf werk aan meer as 'n halfmiljoen mense, waaronder talle werknemers met laer kwalifikasies. Verkope van minerale en ander mynbouprodukte lewer meer as 'n derde van die totale waarde van die land se uitvoere op.
Die finansiële sektor lewer die grootste bydrae tot die Suid-Afrikaanse BBP met sy aandeel van 19,3 persent. Die bedryf steun op 'n hoogs ontwikkelde bank- en versekeringswese en die Johannesburgse Effektebeurs (JEB). Die JEB se daaglikse omset is groter as dié van alle ander effektebeurse op die vasteland van Afrika in 'n periode van enkele maande.
Verwerkende nywerhede dra 11,1 persent tot die BBP by, maar sal oor die lang termyn deur vinnig stygende energiekoste, die gebrek aan geskoolde mannekrag en sterk mededinging uit die Volksrepubliek China onder sterk druk geplaas word.
Privaat (sowat 60 persent van die BBP) en staatsverbruik het sedert 1994 steeds belangriker ekonomiese faktore geword. Sedert die ekonomiese krisis van 2008/2009 het beleggings van die privaat sektor egter afgeneem. Teen die agtergrond van die regering se langtermynbeleid van ekonomiese bemagtiging van voorheen benadeeldes sal die staat gaandeweg 'n sterker rol as werkgewer en belegger speel. Openbare ondernemings sal hierin 'n sentrale rol vervul. Die belangrikste staatsondernemings is Eskom (monopolie op kragopwekking), Suid-Afrikaanse Lugdiens (South African Airways, lugredery), Sasol (olieproduksie, chemiese aanlegte), Denel (wapentuig) en Transnet (vervoer).
Bydraes tot die BBP Bedryf Germany Trade and Invest 2011 2014 2016 Mynbou en nywerhede 26,1% 25,4% 25,0% Handel, gastronomie, hotelbedryf 14,5% 14,8% 15,2%Vervoer, logistiek, kommunikasie 8,2% 10,0% 10,0%Boubedryf 4,5% 4,1% 4,0%Land- en bosbou, vissery2,4%2,5% 2,4%Ander44,3%43,2% 43,4%
Ekonomiese beleid