FlorenceFirenze 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter|border Vlag 90px|senter Land  Administratiewe gewes 20px Toskane Koördinate  Gestig op 59 v.C. Oppervlakte:    - Totaal 102,41 vk km  Hoogte bo seevlak 50 m Bevolking:    - Totaal (2017) 382 258  - Bevolkingsdigtheid 3 732,6vk/km  - Metropolitaanse gebied 1 500 000 Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Dario Nardella (PD) Amptelike webwerf comune.firenze.it

duimnael|links|Vuurwerk oor die Ponte Vecchio of Ou Brug van Florence duimnael|links|upright|Michelangelo se Dawid. links|300px|duimnael|Die duomo Florence (Italiaans: Firenze) is 'n stad in Italië, die hoofstad van die streek Toskane, en die provinsie Florence. Die stad het omtrent 382 000 inwoners en is aan die Arno-rivier geleë. Dit is die bakermat van die renaissance en hiermee een van die bekendste kultuurstede in Europa. Die historiese sentrum van Florence is in 1982 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Museums in Florence Belangrike museums in Florence sluit die Uffizi, geleë op die plein die Piazza della Signoria in, 'n kunsmuseum met skilderye van Leonardo da Vinci, Sandro Botticelli, Titiaan, Domenico Ghirlandaio, Hugo Van Der Goes en baie bekende Europese skilders; die Galleria dell'Accademia, met beeldhouwwerke (Michelangelo se 'David') en die Palazzo Pitti.

Sport duimnael|Die Stadio Artemio Franchi met 43 000 sitplekke word vir beide sokker en rugby ingespan Volgens oorlewering word in Florence sedert die 16de eeu Calcio storico fiorentino beoefen, wat baie ooreenkomste met beide sokker en rugby toon.

In sokker word Florence deur die ACF Fiorentina in die Serie A verteenwoordig. Hulle het in 1956 en 1969 twee Italiaanse kampioenskappe gewen en ses Italiaanse bekers. Die klub speel sy tuiswedstryde op die Stadio Artemio Franchi met 'n kapasiteit van 43 147, wat ook beide die Italiaanse nasionale rugbyspan en sokkerspan gehuisves het. Daarbenewens is dit sowel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 as tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir wedstryde ingespan.

Rugby is ook gewild in Florence: Sedert 2017 speel die I Medicei in die hoogste Italiaanse rugbyliga, Eccellenza. In 2016 het die Italiaanse nasionale rugbyspan op Stadio Artemio Franchi hul eerste oorwinning teen die Springbokke nog aangeteken.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuistes

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy Kuns, argitektuur en ontwerp Uffizi Architectural Digest: A Design Love's Guide to Florence Toerisme

Foto's van Florence Florence Travel Guide Florence Tourist Guide

Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Italië