Quimper • Kemper 280px Kaart Wapen 180px|center 90px|center Vlag 90px|center Land 20px Frankryk Région (gewes) 20px Bretagne Département 20px Finistère Koördinate Stigting Oppervlakte: - Totaal 84,45 vk km Hoogte bo seevlak -5-151 m Bevolking: - Totaal (2009) 63 387 - Bevolkingsdigtheid 751/vk km - Metropolitaanse gebied 123 999 Tydsone UTC +1 - Somertyd UTC +2 Burgemeester Bernard Poignant Amptelike webwerf quimper.bzh
Quimper (Bretons: Kemper) is die hoofstad (préfecture) van die Bretonse département Finistère (Noordwes-Frankryk) met 63 387 inwoners (2009). duimnael|links|250px|Die ou stadskern van Quimper Die Bretonse naam Kemper (samevloeiing) is afgelei van die geografiese ligging van die stad by die samevloeiing van die riviere Frout, Steir en Odet. Die oorspronklike naam van Quimper is Quimper-Corentin (Bretons: Kemper-Kaorentin), 'n verwysing na die heilige Corentin, die eerste biskop van die stad. Tydens die Franse Rewolusie is hierdie Christelike naam gewysig na Montage-sur-Odet.
Kuns en kultuur
Quimper is naas Rennes een van die kulturele sentrums van die Bretagne. Die eerste leksikon in die Bretonse taal, die Catholicon uit die jaar 1499, word in die plaaslike biblioteek bewaar.
Quimper staan bekend vir sy aardewerk (faïence), wat hier sedert vier eeue vervaardig word, en die Festival de Cornouaille, een van die gewildste Bretonse feeste, wat sedert die jaar 1923 gevier word en jaarliks meer as 'n kwart miljoen besoekers lok.
Kategorie:Bretagne Kategorie:Munisipaliteite in Bretagne Kategorie:Nedersettings in Bretagne