duimnael|360px|Shaktisme is ’n godin-gesentreerde tradisie van Hindoeïsme.
Shaktisme of Sjaktisme (Sanskrit: शाक्तं Śāktaṃ; letterlik "die leerstelling van energie, krag, die Godin") is een van die vier groot tradisies in Hindoeïsme; daar word geglo die metafisiese werklikheid is vroulik en die Devi (Godin) is die hoogste wese.Thomas Coburn (2002), Devī-Māhātmya: The Crystallization of the Goddess Tradition, Motilal Banarsidass, , pages 1–23 ’n Verskeidenheid godinne word aanbid, maar almal word beskou as aspekte van dieselfde oppergodin, Adi Parashakti. Shaktisme het verskillende subtradisies, wat wissel van dié wat gefokus is op die grasieuse Lakshmi tot dié wat Kali aanbid, en sommige Shakti-subtradisies verbind hul godin met Shiva of Vishnu.
Die Sruti- en Smriti-geskrifte van Hindoeïsme is ’n belangrike historiese raamwerk van Shaktisme. Ook belangrik is die geskrifte Devi Mahatmya en Devi-Bhagavata Purana, en Shakta Upanishads soos die Devi Upanishad. Veral die Devi Mahatmya word in Shaktism net so belangrik beskou as die Bhagavad Gita.
Die panteon van godinne in Shaktisme het gegroei ná die agteruitgang van Boeddhisme in Indië; Hindoe- en Boeddhistegodinne is saamgevoeg om die Mahavidya, ’n lys van 10 godinne, te vorm.Sanderson, Alexis. "The Śaiva Literature." Journal of Indological Studies (Kyoto), Nos. 24 & 25 (2012–2013), 2014, pp. 80. Die mees algemene aspekte van Devi in Shaktisme sluit in Durga, Kali, Amba, Lakshmi, Parvati en Tripurasundari. Die godin-gebaseerde tradisie is veral gewild in Wes-Bengale, Assam, Tripura, Nepal en die buurstreke, waar feeste soos die Durga puja plaasvind.Shaktism, Encyclopædia Britannica (2015)
Shaktistiese idees het Vaishnavisme en Shaivisme beïnvloed, waarin die godinne beskou word as shakti van onderskeidelik Vishnu en Shiva.
Verwysings
Eksterne skakels Encyclopædia Britannica, "Shaktism" The Sakta Traditions, The Oxford Centre for Hindu Studies
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hindoetradisies