Rutiel is 'n mineraal met chemiese formule .
Dis een van ses minerale met hierdie samestelling. Die bekendste ander strukture is anataas (tetragonaal) en brookiet (ortorombies). Rutiel kom voor in die hoëtemperatuur- en hoëdrukfase. Anataas transformeer na rutiel bo 730 °C. Benewens hierdie strukture is ook bekend: 'n (B)-struktuur met 'n struktuur wat naverwant aan die (B)-struktuur is. 'n (II)-polimorf wat 'n alfa--tipe struktuur het. 'n baie metastabiele vorm (H) wat 'n hollandiet-struktuur het.
Om die verskeie polimorfe te onderskei word X-straaldiffraksie of Ramanspektroskopie dikwels aangewend.Rutile and its applications in earth sciences Earth-Science Reviews 102 (2010) 1-28
Mynbou Rutiel is naas ilmeniet en anataas 'n belangrike bron van titaan en word in verskeie lande soos Australië, Brasilië en ook Suid-Afrika gemyn. Die eerste verskeping van rutiel was in 1977 van die mineraalsande van Richardsbaai in KwaZulu-Natal.Surface Mining, , Society for Mining, Metallurgy, and Exploration (U.S.), SME, 1990, , bls. 255
Struktuur Rutiel is die argetipe van die C4-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit het 'n tetragonale struktuur waarin die titaankatione deur 'n oktaëder van suurstofione omring word.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Minerale