duimnael|Die vyf belangrike gode van Smartisme: Ganesha (middel), Shiva (links bo), Devi of Durga (regs bo), Vishnu (links onder) en Surya (regs onder).
Smartisme, of die Smarta-tradisie, is ’n beweging in Hindoeïsme wat saam met die Purana-letterkundegenre ontwikkel het. Vyf altare met vyf gelyke gode word aanbid: Vishnu, Shiva, Ganesha, Surya en Devi (Shakti). Die Smarta-tradisie verskil van die ouer Shrauta-tradisie, wat geskoei was op uitgebreide rituele en rites. Daar was ’n taamlike oorvleueling van die idees en praktyke van Smartisme met dié van ander Hindoetradisies soos Shaivisme, Vaishnavisme en Shaktisme.Sanderson, Alexis. "The Saiva Age: The Rise and Dominance of Saivism during the Early Medieval Period." In: Genesis and Development of Tantrism,edited by Shingo Einoo. Tokyo: Institute of Oriental Culture, University of Tokyo, 2009. Institute of Oriental Culture Special Series, 23, pp. 276-277.John Shephard (2009), Ninian Smart on World Religions, Ashgate, , bl. 186
Die Smarta-tradisie het in die vroeë klassieke tydperk van Hindoeïsme, omstreeks die begin van die Christelike tydperk, ontwikkel toe Hindoeïsme ontstaan het uit die wisselwerking tussen Brahmanisme en plaaslike tradisies.
Verwysings
Nog bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hindoetradisies