Die term Purana (Sanskrit: पुराण purāṇa; letterlik "antiek, oud")Merriam-Webster's Encyclopedia of Literature (1995-uitg.), Artikel oor Puranas, , bl. 915 verwys na ’n uitgebreide genre van Indiese letterkunde oor ’n groot reeks onderwerpe, veral mites, legendes en ander tradisionele verhale.Greg Bailey (2001), Encyclopedia of Asian Philosophy (red. Oliver Leaman), Routledge, , ble. 437-439 Dit is hoofsaaklik in Sanskrit geskryf, maar ook in streekstale.Gregory Bailey (2003), The Study of Hinduism (red. Arvind Sharma), The University of South Carolina Press, , bl. 139
Verskeie van hierdie geskrifte is genoem na belangrike Hindoegode soos Vishnu, Shiva en Devi.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , pages 1-5, 12-21 Die Purana-letterkundegenre word in beide Hindoeïsme en Djainisme aangetref.John Cort (1993), Purana Perennis: Reciprocity and Transformation in Hindu and Jaina Texts (Editor: Wendy Doniger), State University of New York Press, , ble. 185-204
Die Puranas is ensiklopedies en sluit uiteenlopende onderwerpe in soos die skeppingsleer, kosmologie, stamboeke van gode, godinne, konings, helde en halfgode, volksverhale, pelgrimstogte, tempels, medisyne, sterrekunde, grammatika, mineralogie, humor, liefdesverhale, teologie en filosofie. Die inhoud is geensins eenvormig nie en daar is verskeie manuskripte van elke Purana wat onderling verskil. Dit is anonieme tekste en waarskynlik die werk van baie skrywers oor die eeue heen; in teenstelling daarmee het die meeste Djaina-puranas ’n datum en die naam van ’n skrywer by.
Daar is 18 Mahapuranas (Groot Puranas) en 18 Upapuranas (Klein Puranas),Cornelia Dimmitt (2015), Classical Hindu Mythology: A Reader in the Sanskrit Puranas, Temple University Press, , page xii, 4 met meer as 400 000 verse. Die eerste weergawes van die onderskeie Puranas is waarskynlik tussen die 3de en 10de eeu saamgestel. Die Puranas word beskou as smriti, werke waarvan aangeneem word dit berus op ’n goddelike openbaring maar is deur mense saamgestel en oorvertel.
Die Puranas was invloedryk in die Hindoekultuur en het groot jaarlikse nasionale en streeksfeeste geïnspireer.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble, 12-13, 134-156, 203-210 Hul rol en waarde as sektariese godsdienstekste en historiese tekste is omstrede, want baie gode en godinne word geprys en dit is nie duidelik presies hoe sektaries hulle is nie, volgens Ludo Rocher.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 21-24, 104-113, 115-126 Die godsdienspraktyke wat daarin vervat is, word beskou as Vaidika (in ooreenstemming met Vediese letterkunde).Dominic Goodall (1996), Hindu Scriptures, University of California Press, , page xxxix
Die Bhagavatapurana word beskou as een van die gewildste tekste in die genre.Dominic Goodall (1996), Hindu Scriptures, University of California Press, , page xli
Geskrifte Mahapuranas Die belangrikste van die baie tekste wat Puranas genoem word, is die Mahāpurāṇas, of Groot Puranas. Daar is altesaam 18, wat dikwels in drie groepe van ses elk verdeel word. Elke groep word met 'n ander godheid verbind.
Vishnupuranas No. Naam Getal verse Notas 1 Vishnupurana 23 000 Een van die mees bestudeerde Puranas. Bevat omstrede genealogiese besonderhede oor verskeie dinastieë. Beter bewaar ná die 17de eeu, maar die moderner weergawes verskil baie van die ouer geskrifte van voor die 15de eeu; sommige weergawes bespreek Boeddhisme en Djainisme. Sommige hoofstukke is vermoedelik saamgestel in die Kashmir- en Punjab-streek van Suid-Asië. Dis ’n Vaishnavisme-geskrif met die klem op Vishnu. 2 Bhagavatapurana 18 000 Die gewildste en bes bestudeerde van die Puranas., column 3, under the entry Bhagavata. Vertel van Vishnu se avatars, en van Vaishnavisme. Bevat omstrede genealogiese besonderhede oor verskeie dinastieë.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 115-121 met voetnote Verskeie inkonsekwente weergawes van dié teks en historiese manuskripte bestaan, in baie Indiese tale.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 139-149 Invloedryk en uitgebrei tydens die Bhakti-beweging. 3 Naradapurana 25 000 Ook die Naradiyapurana genoem. Bespreek die vier vedas en ses vedangas. Wy 18 hoofstukke aan ’n opsomming van die 17 ander Mahapuranas en die Naradapurana self (’n hoofstuk aan elk, van 92 tot 109). Lys groot riviere van Indië en pelgrimsplekke, en bevat ’n kort toergids vir elk. Dit sluit besprekings in oor verskeie filosofieë, soteriologie, planete, astronomie, mites en die eienskappe van belangrike gode soos Vishnu, Shiva, Devi, Krishna, Rama en Lakshmi.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 202-203 4 Garudapurana 19 000 ’n Ensiklopedie van uiteenlopende onderwerpe. Hoofsaaklik oor Vishnu, maar loof alle gode. Beskryf hoe Vishnu, Shiva en Brahma saamwerk. Baie hoofstukke is ’n dialoog tussen Vishnu en Garuda. Beskryf kosmologie en verhoudings tussen gode. Bespreek etiek, wat is misdaad, goed versus kwaad, verskeie filosofieskole, die teorie van joga, die teorie van die "hemel en aarde" met "karma en hergeboorte".MN Dutt, The Garuda Purana Calcutta (1908) Sluit in hoofstukke oor riviere, die geografie van Bharat (Indië) en ander nasies, soorte minerale en stene, verskeie siektes en hul simptome, medisynes, seksstimuleermiddels, voorbehoedmiddels, die Hindoekalender, astronomie, die maan, planete, astrologie, argitektuur, belangrike dele van ’n tempel, waardes soos meegevoel, welsyn en die gee van geskenke, ekonomie, die pligte van ’n koning, politiek, staatsamptenare en hul pligte, genres van letterkunde, grammatikareëls en ander onderwerpe. 5 Padmapurana 55 000 ’n Groot versameling oor uiteenlopende onderwerpe. Die Noord-Indiese manuskripte verskil grootliks van die weergawes in die suide, en die verskeie hersiene weergawes in albei groepe in verskillende tale (bv. Devanagari en Bengaals) toon groot teenstrydighede.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 59-61 Beskryf kosmologie, die wêreld en die aard van die lewe uit Vishnu se oogpunt. Bespreek feeste, talle legendes, die geografie van riviere en streke van Noordwes-Indië tot Bengale tot die koninkryk Tripura, groot sagas van Indië, verskeie avatars van Vishnu en sy samewerking met Shiva, asook die verhaal van Rama-Sita wat verskil van die epiese Hindoeverhaal Ramayana.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 209-215 Nes die Skandapurana bevat dit groot besonderhede oor reis- en pelgrimsentrums in Indië.Klaus Klostermaier (2007), A Survey of Hinduism: 3de uitg., State University of New York Press, , ble. 281-283 met voetnote op bl. 553 6 Varahapurana 24 000 Hoofsaaklik ’n handboek oor die aanbidding van Vishnu, met inligting oor Mathura en Nepal.RC Hazra (1940), Studies in the Puranic Records on Hindu Rites and Customs, Motilal Banarsidass (1987-herdruk), , ble. 96-97 Fokus op die inkarnasie van Narayana, maar gebruik selde die term Krishna of Vasudeva. Bevat baie illustrasies waarin Shiva en Durga voorkom.
Brahmapuranas No. Naam Getal verse Notas 1 Brahmapurana 10 000 Soms ook Adipurana genoem, want baie Mahapurana-lyste plaas dit eerste van 18. Die teks het 245 hoofstukke, deel baie paragrawe met die Vishnu-, Vayu- en Markendeyapurana, en met die Mahabharata. Sluit in mitologie, teorieë oor oorlog, kunswerk in tempels en ander kultuuronderwerpe. Beskryf heilige plekke in Odisha, en verweef temas van Vishnu en Shiva, maar noem selde die god Brahma ondanks die titel.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , bl. 154-156 2 Brahmandapurana 12 000 Dit is een van die eerste Puranas en bevat omstrede genealogiese besonderhede van verskeie dinastieë. Sluit in Lalita Sahasranamam, regskodes, regeringsstelsel, administrasie, diplomasie, handel en etiek. Ou manuskripte van die Purana is gevind in die Hindoeletterkunde van Bali, Indonesië.H Hinzler (1993), Balinese palm-leaf manuscripts , In: Bijdragen tot de Taal-, Landen Volkenkunde, Manuscripts of Indonesia 149 (1993), No 3, Leiden: BRILL, bl. 442Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , bl. 78-79 3 Brahmavaivartapurana 17 000 Bespreek Shiva, Parvati, Ganesha, Devis, Vishnu, Krishna en Radha. Hoofsaaklik mitologie en stories oor die liefde en verleiding deur die gode en godinne.Giorgio Bonazzoli (1977), Seduction Stories in the Brahmavaivarta Purana, Purana, Vol. XIX, No. 2, pages 321-341 Noem geografie en riviere soos die Ganges. 4 Markandeyapurana 9 000 Beskryf die Vindhyagebergte en Wes-Indië. Moontlik saamgestel in die valleie van die Tapti- en Narmadarivier, in Maharashtra en Gujarat.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 70-71 Genoem na die wyse man Markandeya, ’n student van Brahma. Bevat hoofstukke oor dharma en die epiese gedig Mahabharata.RC Hazra (1987), Studies in the Puranic Records on Hindu Rites and Customs, Motilal Banarsidass, , pages 8-11 5 Bhavishyapurana 14 500 Die titel beteken "toekoms", maar die kamtige voorspellings in die teks is in die moderne tyd geskryf. Ouer dele kom hoofsaaklik uit ander Puranas. Moderne geleerdes het al die egtheid van die Bhavishyapurana bevraagteken. Daar is verskeie weergawes wat grootliks van mekaar verskil. 6 Vamanapurana 10 000 Beskryf Noord-Indië, veral die streek aan die voet van die Himalaja.
Shivapuranas No. Naam Getal verse Notas 1 Vayupurana 24 000 Moontlik die oudste van al die Mahapuranas. Sommige Middeleeuse Indiese geskrifte noem dit die Vayaviyapurana. Loof Shiva en bespreek rituele, die gesinslewe en lewenstadiums van ’n mens. Die inhoud van die Vayupurana word ook aangetref in die Markandeyapurana. Beskryf Suid-Indië, veral die hedendaagse Telangana- en Andhra Pradesh-streek. Bevat omstrede genealogiese besonderhede oor verskeie dinastieë. 2 Lingapurana 11 000 Bespreek lingas, die simbool van Shiva, en die oorsprong van die heelal. Dit bevat ook baie verhale oor lingas; een daarvan vertel hoe Agni Linga ’n dispuut tussen Vishnu en Brahma opgeklaar het. 3 Skandapurana 81 100 Bespreek die geboorte van Skanda (of Karthikeya), die seun van Shiva. Dit is die langste Purana, en ’n buitengewoon noukeurige pelgrimsgids. Dit bevat die geografiese ligging van pelgrimsentrums in Indië, met legendes, parabole, himnes en verhale wat daarmee verband hou. 4 Agnipurana 15 400 Bevat ensiklopediese inligting. Sluit in geografie van Mithila (Bihar en naburige state), kultuurgeskiedenis, politiek, opvoedingstelsel, ikonografie, belastingsteorieë, weermagorganisasie, teorieë oor goeie redes vir oorlog, diplomasie, plaaslike wette, bouprojekte, waterverspreidingsmetodes, bome en plante, medisyna, argitektuur, grammatika, poësie, kos, rituele en talle ander onderwerpe.Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 134-137 5 Matsyapurana 14 000 ’n Ensiklopedie van uiteenlopende onderwerpe. Vertel die verhaal van Matsya, die eerste van 10 groot avatars van Vishnu. Waarskynlik in Wes-Indië saamgestel deur mense wat die geografiese besonderhede van die Narmadarivier geken het. Sluit legendes oor Brahma en Saraswati in.Catherine Ludvik (2007), Sarasvatī, Riverine Goddess of Knowledge, BRILL, , ble. 139-141 Dit bevat ook omstrede genealogiese besonderhede oor verskeie dinastieë. 6 Kurmapurana 17 000 Gaan oor Kurma, die tweede van 10 groot avatars van Vishnu.
Upapuranas duimnael|300px|Die godin Durga lei die agt Matrikas in ’n geveg teen die demoon Raktabija. Uit die Markandeyapurana.
Die verskil tussen die Mahapuranas en Upapuranas is volgens Rajendra Hazra as volg: "’n Mahapurana is bekend, en dié wat minder bekend is, is ’n Upapurana."Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , bl. 63 Rocher sê die onderskeid is niehistories; dit kom selde in die Puranas voor en is waarskynlik "van onlangse oorsprong".Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , bl. 68