Tina Joemat-Pettersson (16 Desember 1963, Kimberley – 5 Junie 2023, Rondebosch, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat twee keer kabinetportefeuljes in die Zuma-administrasie beklee het. Sy was van 2009 tot 2014 die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye en van 2014 tot 2017 die Minister van Energie.

Joemat-Pettersson het by die Hoërskool William Pescord gematrikuleer en 'n B.A.-graad in Engels en Geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. In 2002 het sy 'n uitvoerende bestuursprogram aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Kaapstad voltooi. Terwyl sy studeer het, het Tina Joemat-Pettersson sedert 1987 reeds as 'n onderwyser by Pescodia Sekondêre Skool, Kimberley, gewerk. Sy raak in 1998 betrokke by die onderwysersvakbond, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU).

In gesprek met Sjahril Sabaruddin, die Indonesiese ambassadeur in Suid-Afrika, het Joemat-Pettersson beweer dat sy 'n afstammeling van Kendal in Sentraal-Java is.

Sy is op 5 Junie 2023 by haar woning te Rondebosch in Kaapstad oorlede, te midde van bespiegelings oor haar moontlike selfdood.

Eksterne skakels Tina Joemat-Pettersson op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Sterftes in 2023 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van bosbou en visserye Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van energie Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van landbou en grondsake