Die Douglas DB-7 is 'n tweemotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse, Britse en Franse Lugmagte gebruik is. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 23 Januarie 1939 onderneem.

Geskiedenis Die vervaardiger Douglas het in 1938 'n ontwerp van sy model 7A ingedien na aanleiding van 'n spesifikasie van die Amerikaanse Leër. Die spesifikasie het 'n tweemotorige aanvalsbomwerper versoek. Douglas is toestemming verleen om twee prototipes te bou. Die eerste prototipe het as Model 7B bekend gestaan en was toegerus met 1 100 perdekrag Twin Wasp motors en het 'n driewielonderstelontwerp gehad.

Die Franse Lugmag het in Februarie 1939 sy eerste bestelling van 100 eenhede geplaas.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Douglas Boston IIIA: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerWright R-2600-23 Cyclone stermotor Kraglewering per motor1 600 perdekrag Vlerkspan18,69 m Lengte14,40 m Hoogte5,36 m Maks. opstygmassa11 113 kg Maks. snelheid550 km/h op 3 962 m Operasionele hoogte7 391 m Togafstand met maks. bomvrag1 690 kmBewapeningTwee 0.30 Browning masjiengewere weerskante in die neusen twee in dorsale skiettoringEen 0.303 Vickers masjiengeweer in ventrale posisie. Bomvrag907 kg in bomlaai

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog