Kevin Olusola ( 5 Oktober 1988) is ’n Amerikaanse musikant, beatboxer, rapper, albumvervaardiger, sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend as die beatboxer van die sanggroep Pentatonix. Nadat die groep in 2011 NBC se The Sing-Off gewen het, het hulle vyf albums die lig laat sien – almal het in die topvyf van Billboard 200 beland en Pentatonix het meer as 2 miljoen albums verkoop. Met meer as 13 miljoen volgelinge en 2,4 miljard besoeke is die groep se YouTube-kanaal tans een van die gewildste musiekvideokanale.https://www.youtube.com/user/PTXofficial/about, URL besoek op 12 April 2017
Olusola beoefen ook wat as "celloboxing" beskou word (die speel van die tjello gekombineer met beatboxing). Sy celloboxing-weergawe van Mark Summer se "Julie-O" het in April 2011 geweldige reaksie ontlok en gelei tot sy verbintenis met Pentatonix. Olusola het al op feeste van klassieke musiek opgetree en is deur Quincy Jones gekies om hom op die Montreux-jazzfees van 2012 te verteenwoordig op dieselfde program as Bobby McFerrin en Chick Corea. Olusola praat vlot Mandaryns.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Kletsrymers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse tjelliste