'n Skemerbruintjie (of Common evening brown soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Melanitis leda, en behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae). Hierdie skoenlapper sit gedurende die dag in koelteplekke tussen dooie blare, onder bosse of bome, en vlieg meestal net teen skemer rond.
Verspreiding Dit kom oor die grootste deel van Afrika voor, insluitend Madagaskar, asook in Arabië, die Indiese subkontinent, Suidoos-Asië en in die noorde van Australië. Die subspesie, Melanitis leda africana, kom slegs in Wes-Afrika voor.
Habitat Skemerbruintjies kom hoofsaaklik in plantasies, bosgebiede, boorde, parke en tuine voor, vanaf seevlak tot ongeveer 800 m bo seevlak. Dit kom ook in suikerrietplantasies voor.
Kenmerke Die bokant van die voorvlerk het 'n kommavormige oogkol met twee wit kolletjies daarop, omring deur 'n dofgeel-oranje kleur. Die patrone op die ondervlerk wissel van skoenlapper tot skoenlapper. Die vlerkspan van die mannetjie is 65 – 70 mm, en die van die wyfie is 60 – 65 mm.
Subspesies Melanitis leda africana Melanitis leda helena Melanitis leda ismene Melanitis leda saipanensis Melanitis leda sumbana Melanitis leda bankia Melanitis leda desperata Melanitis leda bouruana Melanitis leda moluccarum Melanitis leda offaka Melanitis leda angulata Melanitis leda destitans Melanitis leda kiriwinae Melanitis leda dominans Melanitis leda salomonis Melanitis leda palliata Melanitis leda levuna Melanitis leda celebicola
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders
Verwysings
Kategorie:Skoenlappers