Sfaleriet (ook bekend as blende of sinkblende) is 'n mineraal met die chemiese formule .
Struktuur Sfaleriet is die argetipe van die B3-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is 'n struktuur wat van die diamant-struktuur afgelei kan word deur die helfte van die koolstofatome deur sinkatome te vervang en die ander helfte deur swawelatome.
Dit kan ook as 'n afgeleide struktuur van die kubiese digpakking beskou word deur die helfte van die tetraëdriese holtes van 'n kubiese digpakking van swawel met sinkatome te vul.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Minerale