200px Guy de Maupassant

Franse skrywer, joernalis en reisskrywer

Gebore 5 Augustus 1850 in die Kasteel van Miromesnil, Normandië Frankryk

Oorlede 6 Julie 1893 in Passy, ParysFrankryk

Literêre stroming Naturalisme, realisme

Bekende werke 130px Boule de Suif (1880) Bel-Ami (1885)

Handtekening

200px Henry René Albert Guy de Maupassant ([gidəmopɑˈsã], (* 5 Augustus 1850 in die Kasteel van MiromesnilWebtuiste van die Château de Miromesnil in Tourville-sur-Arques. Besoek op 12 April 2017 in Tourville-sur-Arques, Normandië; † 6 Julie 1893 in Passy, Parys) was 'n Franse skrywer en joernalis. Naas Stendhal, Balzac, Flaubert en Zola word hy as een van die mees vooraanstaande skrywers in 19de eeuse Frankryk beskou.

Maupassant, 'n verteenwoordiger van die naturalistiese en realistiese strominge binne die literatuur, word veral onthou vir sy meesterlike kortverhale en die manier waarop hy die lot van sy romankarakters en die sosio-maatskaplike uitdagings, waarmee hulle te kampe het, uitbeeld – dikwels met 'n pessimistiese en gedesillusioneerde blik. Baie van dié verhale speel af gedurende die Frans-Pruisiese Oorlog tussen 1870 en 1871 en behandel die sinloosheid van oorlog en die lot van burgerlikes wie se lewens deur die oorlogswoelinge en hul persoonlike ervarings dramaties verander. Maupassant se literêre nalatenskap sluit sowat driehonderd kortverhale, ses romans, drie reisboeke en een gedigbundel in. Maar dit is Boule de Suif ("Vetbolletjie", 1880), die eerste verhaal wat gepubliseer is, waarna dikwels as sy meesterwerk verwys word.

Enkele verhale van Maupassant asook sy Pierrot is deur Gerrit Dekker in Afrikaans vertaal.

Verwysings

Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Franse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Sterftes in 1893