duimnael|Resiesfietsryers dra spesiale fietsrybroeke. Fietsrybroek is 'n kort, velknus sintetiese broek ontwerp om gemak en doeltreffendheid te verbeter, terwyl die draer fietsry. Dit: verminder windweerstand, deur die verhoging van aërodinamiese doeltreffendheid; beskerm die vel teen herhalende wrywing van die bene teen die fietssitplek of fitsraam; bied ondersteuning aan die geslagsdele, analoog aan 'n balbakkie; trek sweet weg van die vel af, om sodoende skaaf en uitslag te voorkom, en om die ryer af te koel deur die proses van verdamping; druk die beenspiere saam, wat kan help om spiermoegheid te bekamp; verminder die gewig van 'n ryer se klere (in vergelyking met die dra van 'n denimbroek, gimkortbroek of kniebroeke); en verbeter gemak tydens lang ritte met ekstra opstopsel in die sitplekarea.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Fietsry Kategorie:Kleding