Boyz II Men is ’n Amerikaanse “boy band” van Philadelphia wat rhythm & blues-musiek maak.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die groep is in 1988 as 'n kwintet (groep van vyf mense) gestig, maar het as 'n kwartet (groep van vier) roem behaal. Die groeplede is Wanya Morris, Michael McCary, Shawn Stockman en Nathan Morris. McCary het die groep in 2003 verlaat.

Die groep was tussen 1992 en 1997 baie gewild gewees. Hulle het onder meer vyf nommer 1-treffers in die Verenigde State behaal. “End of the Road” en “I’ll Make Love to You" is twee van hulle bekende liedjies. Die liedjie “Hey lover” saam met kletsrymer LL Cool J was ook 'n groot treffer gewees. Daarnaas speel hulle 'n gastrol in 'n kersaflewering van die TV-reeks The Fresh Prince of Bel-Air.

In 2012 is 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vir hulle aangebring. Hulle laste studio-album, Collide, is in 2014 vrygestel.

Diskografie Studio albums Cooleyhighharmony (1991) II (1994) Evolution (1997) Nathan Michael Shawn Wanya (2000) Full Circle (2002) Throwback, Vol. 1 (2004) The Remedy (2006) Motown: A Journey Through Hitsville USA (2007) Love (2009) Twenty (2011) Collide (2014) Under the Streetlight (2017)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe