Die Avro Anson is 'n tweemotorige kuspatrollievliegtuig wat vir militêre doeleindes ontwikkel is uit die sessitplek-Avro 652A kommersiële vliegtuig. Die militêre prototipe (K 4771) het sy nooiensvlug op 24 Maart 1935 voltooi. Die vliegtuig is deur die Britse Lugmag, Britse Vloot Lugmag en Koninklike Kanadese Lugmag gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Anson is later vervang deur die Lockheed Hudson.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Avro Anson ASR I: Item Statistiek Aantal motors 2 Tipe motor Skroef Vervaardiger Armstrong Siddeley Cheetah IX stermotors Kraglewering per motor 350 perdekrag Vlerkspan17,22 m Lengte12,88 m Hoogte3,99m Maks. opstyg massa3 629 kg Maks. snelheid303 km/h op 2 134 m Operasionele hoogte 5 971m Togafstand 1 271kmBewapening Een 0.303 Browning-masjiengeweer aan bakboordkant voor en een in die dorsale skiettoring.

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog